Die Agri Noord-Kaap droogte rampfonds is geskep om hulp aan spesifiek die boere in die Noord-Kaap te bied gedurende die uitmergelende droogte wat hulle tans ervaar. Dit is die ergste droogte sedert 1927.
Hierdie is ‘n dringende versoek aan die publiek om ‘n finansiële bydrae te lewer tot die AGRI Noord-Kaap Droogte Rampfonds. Aan almal wat omgee, help Agri NK om die boere by te staan deur hierdie vreeslike droogte en die finansiële ramp te verlig.
Die fonds sal deur PricewaterhouseCoopers (PWC) ge-oudit word om te verseker die hulp kom by die behoeftige boere uit en geen sent word vermors nie.
Mnr Nicol Jansen, die President van Agri Noord-Kaap, wat self in die provinsie boer verstaan hoe belangrik dit is dat mense van die Noord-Kaap asook Suid Afrika saamstaan en handuitsteek om boere by te staan. Voedsel sekuriteit, boere se lewensbestaan, werkers se heenkome, diere en plase is in gedrang.
Die impak van die droogte word eerstehands deur die boere ervaar, maar die uiteinde is dat die verbruikers ook die effek daarvan sal beleef in die vorm van produktekorte en prysverhogings van verwante kommoditeite. Dit is waarom dit so belangrik is om alle pogings aan te wend om boere te ondersteun.
Agri Noord-Kaap doen ‘n beroep op die Noord-Kaap inwoners en besorgde mense van Suid Afrika om boere by te staan deur finansieel by te dra tot die fonds.
Gebruik die bankbesonderhede onder vir inbetalings –
Begunstigde – Agri NK
Bank – ABSA
Rekening Nommer – 940 591 759
Tak Kode – 632 005
Begunstigde Verwysing – Droogtefonds
Donasies kan anoniem gemaak word, of as ‘n faktuur benodig word kan ‘n email gestuur word aan marian@agrink.co.za.