“Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.” – C.J. Langenhoven
Gebiede in Sentraal-Suid-Afrika gaan steeds gebuk onder verlammende droogte toestande.
Volgens die Noord-Kaapse komitee vir vroeë waarskuwing, ondervind die provinsie een van die ergste droogtes in meer as ‘n eeu met langdurige droogtetoestande wat die afgelope vyf jaar geheers het. Dít het ‘n verwoestende uitwerking op landbou, die landelike ekonomie en welsyn van inwoners.