“Wildbrande kan groot skade aan plante, diere en gemeenskappe aanrig en ook voedselsekerheid bedreig. In reaksie op die vernietiging van plantegroei is noodreaksiepogings nodig om boere met voer by te staan. Die skade aan grondgesondheid, die ontwrigting van ekosisteme en die verandering in natuurlike brandpatrone kan langdurige gevolge hê,” sê Christo van der Rheede, uittredende uitvoerende direkteur van Agri SA.
“Die herstelproses is grootliks afhanklik van reënval. Voldoende reënval is van sleutelbelang vir die herlewing van plantegroei, die herstel van grondvrugbaarheid en die aanvulling van waterbronne. Met voldoende reën kan die herstelproses aansienlik bespoedig word.”
Volgens Van der Rheede het hierdie verwoestende brande die landbousektor getref in ‘n tyd waarin boere reeds geweldige uitdagings in die gesig staar, insluitend beurtkrag, verswakkende infrastruktuur, stygende arbeid en insetkoste en bedreigings vir hul landelike veiligheid.
Klik HIER vir die volledige artikel met nog foto’s.