Boere word swaar geraak en is in ‘n geldelike knyp, terwyl diere honger ly en waterbronne opdroog. Verskeie organisasies oor die land heen verleen hulp aan dié gemeenskappe wat swaar trek weens die ongekende droogte. Boere is dankbaar vir elke skenking wat ontvang word, maar die omvang van die droogte is reusagtig.
Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê ramptoestande heers in 70% van die Noord-Kaap met uitsondering van slegs ‘n klein deel van dié provinsie wat nie kritiek is nie.