Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê dit is noodsaaklik om te beklemtoon die droogte is steeds nie gebreek nie, ondanks neerslae verlede week in gebiede soos die sentrale, suidelike en westelike Noord-Kaap, waar die droogte die grootste impak het. Hy sê bogemiddelde reën is…
Droogtetoestande vererger in NK OFM
Boere word swaar geraak en is in ‘n geldelike knyp, terwyl diere honger ly en waterbronne opdroog. Verskeie organisasies oor die land heen verleen hulp aan dié gemeenskappe wat swaar trek weens die ongekende droogte. Boere is dankbaar vir elke skenking wat ontvang word, maar die omvang van die droogte is reusagtig.
Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê ramptoestande heers in 70% van die Noord-Kaap met uitsondering van slegs ‘n klein deel van dié provinsie wat nie kritiek is nie.
Sentraal SA staan saam, bankvas agter ons boere OFM
“Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.” – C.J. Langenhoven
Gebiede in Sentraal-Suid-Afrika gaan steeds gebuk onder verlammende droogte toestande.
Volgens die Noord-Kaapse komitee vir vroeë waarskuwing, ondervind die provinsie een van die ergste droogtes in meer as ‘n eeu met langdurige droogtetoestande wat die afgelope vyf jaar geheers het. Dít het ‘n verwoestende uitwerking op landbou, die landelike ekonomie en welsyn van inwoners.
AGRI Noord-Kaap Droogte Rampfonds
Hierdie is ‘n dringende versoek aan die publiek om ‘n finansiële bydrae te lewer tot die AGRI Noord-Kaap Droogte Rampfonds. Aan almal wat omgee, help Agri NK om die boere by te staan deur hierdie vreeslike droogte en die finansiële ramp te verlig.
Die fonds sal deur PricewaterhouseCoopers (PWC) ge-oudit word om te verseker die hulp kom by die behoeftige boere uit en geen sent word vermors nie.
Mnr Nicol Jansen, die President van Agri Noord-Kaap, wat self in die provinsie boer verstaan hoe belangrik dit is dat mense van die Noord-Kaap asook Suid Afrika saamstaan en handuitsteek om boere by te staan. Voedsel sekuriteit, boere se lewensbestaan, werkers se heenkome, diere en plase is in gedrang.
Die impak van die droogte word eerstehands deur die boere ervaar, maar die uiteinde is dat die verbruikers ook die effek daarvan sal beleef in die vorm van produktekorte en prysverhogings van verwante kommoditeite. Dit is waarom dit so belangrik is om alle pogings aan te wend om boere te ondersteun.
Agri Noord-Kaap doen ‘n beroep op die Noord-Kaap inwoners en besorgde mense van Suid Afrika om boere by te staan deur finansieel by te dra tot die fonds.
Gebruik die bankbesonderhede onder vir inbetalings –
Begunstigde – Agri NK
Bank – ABSA
Rekening Nommer – 940 591 759
Tak Kode – 632 005
Begunstigde Verwysing – Droogtefonds
Donasies kan anoniem gemaak word, of as ‘n faktuur benodig word kan ‘n email gestuur word aan marian@agrink.co.za.