Mnr Wessel Lemmer, senior landbou-ekonoom by ABSA Agribesigheid bied aan ” Ekonomiese vooruitsigte vir landbou”
Die volledige aanbieding kan hier afgelaai word (2 MB) – kliek hier
Mnr Jannie de Villiers, hoof uitvoerende beampte van Graan SA bied aan “Vennootskappe: Moontlikheid of mite?”
Die volledige aanbieding kan hier afgelaai word (3 MB) – kliek hier
Opening spreker Mnr Omri Van Zyl die hoof uitvoerende beampte van AGRI SA met sy aanbieding en tema “Landbou – ook ons toekoms!”
Omri het gefokus op “Wat gebeur in die wêreld en waarom dit belangrik is vir die landbou?” sowel as “Hoe sal die wêreld verandering “.
Die volledige aanbieding kan hier afgelaai word (3.4 MB) – kliek hier
Die President van Agri Noord-Kaap, Mnr Henk van Wyk verwelkom alle afgevaardigdes en lede van Agri Noord-Kaap om die 37ste Jaarkongres se tema “Landbou – ook ons toekoms!” saam te bespreek sodat daar kardinale en rigtinggewende besluite oor ‘n toekomsgerigte strategie vir landbou en spesiaal georganiseerde landbou bepaal kan word. Die kongres is gehou op 24 & 25 Augustus 2016.
Wat moet die strategie wees en vereis dit ‘n rigting verandering? Hoe moet ons onsself strategies posisioneer?
Wees deel van die bespreking en help vestig planne oor hoe ons, onsself moet posisioneer gedurende hierdie ekonomiese, sosiale, maatskaplike en politieke onstabiliteit om grondwetlike uitdagings die hoof te bied.
Dames het ‘n opwindende Damesprogram saam met die bekende Nina Brown geniet.
Die volledige program met agenda, sprekers, borge en ander inligting kan hier afgelaai word (4 MB) – kliek hier
Dr Stefan Cramer het aan die Agri Noord-Kaap bestuurspan by die 2016 Kongres verduidelik waarom Uraan nie in die Karoo ontgin moet word nie, die voorlegging kan hier afgelaai word (8 MB) – http://bit.ly/2bBRWjy
Meer inligting oor Dr Stefan Cramer is hier beskikbaar – http://bit.ly/2bXRz6N