+ 27 53 832 9595

Die vyfde veiling van die 2015 winterseisoen het vandag in Port Elizabeth plaasgevind, met 123 215 kg wat aangebied is. Bykans 100% van die aanbod is van die hand gesit, met ‘n styging van 5% in die mark, om te sluit op R199.87 per kg.

Die aanbod het uit goeie kwaliteit skeersels bestaan, met kopers wat aktief meegeding het vir die beter kwaliteit op aanbod, asook om hul voorraad te verseker met die afname in volumes na die einde van die seisoen toe.

Goeie aanvraag vanuit die Ooste vir die sterker gedeelte van die skeersel het veroorsaak dat pryse verder opwaarts styg. ‘n Hoogste prys van R340.10 is betaal vir ‘n baal super styl 27 mikron kleinbokkiehaar.

Klik hier om die volledige verslag af te laai.

Share This