Agri NK - Marian vd Westhuizen Toekenning

Nicol Jansen, Marian van der Westhuizen, Willem Symington, Henning Myburgh

Agri Noord-Kaap wil graag hiermee formeel ons dank en waardering uitspreek vir konstante puik diens aan ons organisasie oor ʼn lang termyn van bykans 33 jaar.

Dis voorwaar ʼn voorreg om personeel van jou kaliber as deel van die Agri Noord-Kaap span te hê. Mag jy jou loopbaan verder met werksbevrediging en aangename omstandighede voort te sit by Agri Noord-Kaap.

Nogmaals baie dankie, al jou vriendelikheid, professionele benadering en werksetiek word opreg waardeer deur Agri Noord-Kaap en sy lede.

Nicol Jansen
President

Share This