+ 27 53 832 9595
Agri Noord Kaap - Voëlgriep in Kameroen woed voort

Hoenders
Foto: Charl van Rooyen

Voëlgriep saai verwoesting in Sentraal- en Wes-Afrika.

Die dodelike H5N1-voëlgriepvirus is besig om verwoesting te saai in die pluimveebedrywe van Wes- en Sentraal-Afrika. Die siekte is onlangs in Kameroen gediagnoseer en het ’n geraamde $20 miljoen (sowat R287 miljoen) se skade aangerig.

Die siekte is reeds in Nigerië, Burkino Faso, die Ivoorkus, Ghana en Niger gediagnoseer. In Nigerië het nagenoeg 3,5 miljoen voëls in 750 verskillende uitbrekings gevrek.

Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (VLO) waarsku dat die siekte besig is om na die suide van Afrika te verspei en dat lande hul gesondheidsmaatreëls moet verskerp om verspreiding te voorkom.

Die VLO en die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) werk tans aan voorkomingsmaatreëls.

Agri Noord Kaap

Share This