+ 27 53 832 9595
Landbou kan SA help bou – Roelf Meyer Landbou.com - Deur Carien Kruger

Landbou kan SA help bou – Roelf Meyer Landbou.com - Deur Carien Kruger

Agri Noordkaap - Landbou kan SA help bou – Roelf Meyer

Mnr. Roelf Meyer.
Foto: Carien Kruger

Nuwe planne en energie is nodig om te besin hoe die landbou ʼn rol kan speel in onder meer die groei van die ekonomie.

Só het mnr. Roelf Meyer, voorsitter van die organisasie In Transformation Initiative, met die bekendstelling van vanjaar se Nasie in Gesprek-besprekingsreeks by die Nampo-Oesdag gesê.

Volgens hom is nuwe planne en energie nodig om te besin hoe die landbou ʼn rol kan speel in onder meer die groei van die ekonomie, die bou van ʼn nasie, die skep van welvaart, en die verkleining van die gaping tussen ryk en arm.

“Dit voel vir my of ons op ʼn rykdom van hulpbronne sit,” het hy gesê.

‘Futiele debat’
Hy het die uitdaging aan die landbou gestel om te dink hoe die huidige “futiele debat” oor grond in ʼn konstruktiewe gesprek verander kan word. Volgens Meyer kan die landbousektor ook bydra daartoe om die huidige nadelige invloed van kwessies rondom rassisme te verander om gunstig te wees.

“Ons moet onsself daaraan herinner dat die land steeds in ʼn proses van transformasie is.“Ons moet onsself afvra hoe ons tot suksesvolle transformasie kan bydra.

“Dit is nodig dat landbouleiers moet opstaan en rassisme moet veroordeel. Daar is geen verskoning of regverdiging vir rassisme nie.”

Meyer reis baie vir sy werk by In Transformation Initiative en sê dit is wel so dat rassisme in baie ander lande ook voorkom, en dat dit nie noodwendig oor velkleur gaan nie, maar ook oor groepe en etnisiteit.

Goeie verhoudinge
Hy het verder gesê in die landbou kan daar van grondvlak af ʼn verskil gemaak word aan goeie verhoudinge tussen mense.
Boereverenigings kan ʼn rol speel soortgelyk aan dié wat vredeskomitees in die middel jare negentig in Suid-Afrika gespeel het.

Volgens Meyer het navorsing oor 75 jaar deur die Universiteit van Harvard in Amerika getoon die een ding wat mense gelukkig maak, is goeie verhoudinge met ander.

Nasie in Gesprek
Die besprekingsreeks Nasie in Gesprek was in 2013 en 2014 net in Afrikaans. In 2015 is besluit om ʼn breër gehoor te bereik met as doelwit om by meer mense ʼn begrip van die rol van die landbou te kweek.

Besprekings is sedertdien in sowel Afrikaans as Engels aangebied. Mnr. Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital en gereelde aanbieder van die besprekings, het met vanjaar se bekendstelling gesê die landbousektor “kan nie net met homself praat nie, want dan is dit ʼn dampkring”.

Nasie in Gesprek en sy Engelse eweknie Nation in Conversation het al verskeie TV-reekse opgelewer wat op kykNET, Business Day TV en Sowetan TV uitgesaai is.

Mnr. Francois Strydom, groep uitvoerende hoof van Senwes, wat vanuit die staanspoor een van die hoofborge was, het gesê verbruikers se denke oor landbou word deur maatskaplike en politieke kwessies bepaal en daarom is dit nodig om hulle op te voed. Landbou moet bevorder word en steun moet vir die sektor gewerf word.

Strydom het gesê saam met die nadelige invloed van die droogte het terselfdertyd ook die goeie gevolg dat verbruikers meer besef hoe belangrik landbou is.

Nasie in Gesprek begin vandag, Dinsdag, 17 Mei, met drie sessies vandag, môre en Donderdag, en een sessie Vrydag.

Die aanbieders is Vorster, mnr. Mpumelelo Mkhabela, voormalige redakteur van Sowetan, prof. Johann Kirsten, nuwe direkteur van die Buro vir Ekonomiese Navorsing aan die Universiteit van Stellenbosch, dr. Mmatlou Kalaba, handelsekonoom by die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, en die omroeper Jeremy Maggs.

Vir meer inligting, gaan na die webblad www.nationinconversation.co.za of volg die gesprekke op Twitter by @Nationconverse of op Facebook by NationInConversation.

lees verder

 

‘Agriculture can and wants to make a bigger contribution’ Fin 24 - Jacques Claassen

‘Agriculture can and wants to make a bigger contribution’ Fin 24 - Jacques Claassen

Agri Noord Kaap

Omri van Zyl, CEO of Agri SA. (Picture supplied)

Since Omri van Zyl took over the reins at Agri SA in December last year, the organisation’s communications strategy is virtually on steroids.

In addition to a new website and the use of social media across the whole available spectrum, a branding and value-proposition strategy has been developed to redefine the agricultural sector locally and internationally.

According to Van Zyl, a legal eagle who worked at Deloitte for 15 years, a South African farmer is far more than a guy on a tractor; South Africa’s approximately 35 000 commercial farmers, 250 000 small-scale farmers and 2.5m subsistence farmers make an extremely important contribution to the wealth of the country.

In fact, the sector’s contribution to the GDP is approximately 20% if agriculture’s total value chain is taken into account.

lees verder

 

RELATED ARTICLES
Agriculture needs R12.5bn for drought relief – task team
SA winemakers adopt more holistic approach
This is what US Agoa chicken looks like when it comes to SA

Boere moet praat én saam staan News 24 - Boipelo.Mere

Boere moet praat én saam staan News 24 - Boipelo.Mere

Agri Noord Kaap

DIE openbare vergadering met boere in Hartswater is deur Norman Shushu (links, provinsiale LUR vir landbou) en Bheki Cele (adjunkminister van landbou) bygewoon.

HARTSWATER. Z Nuweling- en kommersiële boere het gemeenskaplike probleme wat hulle kan oplos indien hulle saamwerk, en daarvoor moet ’n gees van samewerking gekweek word.

Dít was die boodskap van Bheki Cele, adjunkminister van landbou, tydens ’n openbare vergadering met boere op Maandag 18 April.

Cele het op vrae en klagtes van ’n gehoor van sowat 2 000 nuwelingboere gereageer.

Henning Myburgh, hoofbestuurder, wat Agri-Noord-Kaap op die vergadering verteenwoordig het, sê hy stem saam, ook met ander sake wat Cele geopper het.

“Daar moet meer samewerking wees om gemeenskaplike probleme soos veediefstal, waterskaarste en droogte te oorkom.

lees verder