+ 27 53 832 9595
Verwagte koringproduksie laer AgriOrbit

Verwagte koringproduksie laer AgriOrbit

Die oesskattingskomitee het pas die oppervlakteskatting en vierde produksieskatting van wintergewasse vir die 2017-produksieseisoen bekendgemaak. Kommersiële koringproduksie sal na verwagting weens die droogte in die Wes-Kaap met 4,5% daal. Die vyfde produksieskatting vir wintergewasse vir 2017 sal op 19 Desember 2017 vrygestel word.

 

Oeskatting vir wintergewasse

Koring: Die verwagte kommersiële produksie vir koring is 1,581 miljoen ton, wat 4,5% of 74 000 ton minder is as die vorige skatting van 1,655 miljoen ton, hoofsaaklik omdat die grootste koringproduserende provinsie, die Wes-Kaap, droogte ervaar. Die oppervlakteskatting vir koring is 491 600ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,22t/ha is.

 Agri Noord Kaap