Nuwe Bedryfsbeampte Ekonomie, Handel en Watersake: Agri Noord-Kaap Nicol Jansen - President van Agri Noord-Kaap
Dit is vir my aangenaam om u mee te deel dat Agri NK die dienste van Janine Möller bekom het as Bedryfsbeampte Ekonomie, Handel en Watersake. Sy sal ook sosiale media skakeling hanteer.
Janine beskik oor B.Com. Ekonomie en Internasionale handel asook B.Com. Landbou Ekonomie en Risiko Bestuur grade Noord Wes Universiteit.
Janine is dinamies en selfstandig en ‘n groot aanwins vir georganiseerde landbou.