Daar is ‘n moontlikheid dat nog reën in dele van die Wes-, Oos- en Noord-Kaap kan voorkom, terwyl ‘n gunstige reëntyd in die somerreëngebied steed verwag word, sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou.
Reën het die afgelope weke oor dele van die Wes-, Oos- en Noord-Kaap voorgekom, wat welkome verligting vir talle boere gebring het. Die reën het wel nog no knellende droogte gebreek nie.
Van den Berg sê die situasie in dié dele bly kritiek, hoewel reën nog kan voorkom. “Met kouefronte wat steeds gereeld dié suidelike dele van dié provinsies tref, is dit steeds moontlik dat reën in dié dele selfs in die eerste deel van Desember nog kan voorkom.