+ 27 53 832 9595
Agri Noord Kaap - Plase in NW, N-Kaap behaal R6,5 miljard

Wingerde langs die Oranjerivier.
Foto: Oranjerevier-kelders

Altesaam 998 plase in Noordwes en in die Noord-Kaap is die afgelope jaar vir R6,5 miljard verkoop.

In sy nuwe rubriek oor plaasverkope op Landbou.com en in Landbouweekblad, ontleed Johann Bornman, ʼn bekende ekonoom, grondverkope in die Noord-Kaap en in Noordwes. Hy gee hieronder ’n opsomming van grondtransaksies in die twee provinsies.

Die volgende ontleding van grondverkope in Suid-Afrika handel oor die grondtransaksies groter as 20 ha in Noordwes en die Noord-Kaap vir die tydperk April 2015 tot Maart 2016.

In Noordwes was daar altesame 698 transaksies in 12 distrikte en 264 189 ha is teen R4,681 miljard verhandel.

Daarvan was 99 (14,2%) transaksies van kleur teen R616 miljoen ( 13,2%) van die waarde. Tien dáárvan was aankope deur die Regering, twee vir dorpsontwikkeling en 85 private aankope. Ses van die distrikte toon dalende prysneigings en is ’n duidelike invloed van die ernstige droogtetoestande wat in dié provinsie heers.

In die Noord-Kaap is 300 transaksies in 22 distrikte gesluit. In totaal word 608 876 ha verhandel teen R1,881 miljard. Uit dié verkope was 33 transaksies van kleur (11%), wat 55 332 ha (9,1%) verteenwoordig teen R327,1 miljoen (17,7%) van die totale waarde.

Tien daarvan was regeringstransaksies vir die verkryging van landbougrond. Die meeste transaksies (66%) was vir grond groter as 300 ha.

* Klik hier om na alle plaasverkope die afgelope jaar in SA te kyk

Agri Noord Kaap

Share This