+ 27 53 832 9595
Agri Noord Kaap - Noupoort se windplaas aan die gang

Die massiewe turbine-eenheid met lemme van 53 m elk, is 100 m hoog op die maste aangebring.
Foto: Verskaf

Noupoort se windplaas is reg om te laat waai en die projek is binne sy begroting afgehandel.

Die windplaas by Noupoort het die eerste windplaas in die derde ronde van die program vir hernieude energie geword wat elektrisiteit vir kommersiële gebruik aan die nasionale kragnetwerk lewer.

Die werk aan dié Noord-Kaapse projek van R1,9 miljard wat 80 MW met sy 35 turbines kan lewer, is binne sy begroting op 11 Julie 2016 afgehandel.  “Ons is verheug om dié mylpaal volgens beplanning en Eskom se vereistes slegs 17 maande ná die begin van die projek te bereik,” sê mnr. Savva Antoniadis, programbestuurder van die Noupoort-windplaas.

Suid-Afrika se betreklik nuwe bedryf vir windenergie is reeds in staat om om in die elektrisiteitsbehoefte van meer as 500 000 huishoudings te voorsien met behulp van 15 groot projekte wat meer as 3 GW se windenergie verskaf.

Benewens die besparing aan water in die derde ronde van die program vir hernieude energie, is meer as R90 miljard bewillig vir die ontwikkeling van gemeenskappe. Volgens Antoniades behels dit onder meer ontwikkelingshulp aan ondernemers en die skep van geriewe vir die aanbied van wiskunde en wetenskap en rekenaarvaardigheid.

Die 35 windturbines wat oor ’n gebied van 7 500 ha, sowat 10 km oos van Noupoort, uittoring, kan teen ’n volle kapasiteit van 80 MW jaarliks sowat 304 800 MWh opwek.

Windplase wat tans elektrisiteit kommersieel opwek:

Naam Kapasiteit (MW) Program Naaste dorp
  • Chaba
20,6 Ronde 2 Komga
  • Cookhouse
135 Ronde 1 Cookhouse
  • Darling
5,2 Ander Yzerfontein
  • Dassiesklip
26,2 Ronde 1 Caledon
  • Dorper-windplaas
97 Ronde 1 Molteno/Sterkstoom
  • Eskom
100 Other Koekenaap
  • Gouda
135,2 Ronde 2 Gouda
  • Grassridge
59,8 Ronde 2 Port Elizabeth
  • Hopefield
65,4 Ronde 1 Hopefield
  • Jeffreysbaai
138 Ronde 1 Jeffreys Bay
  • Kouga – Oesterbaai
80 Ronde 1 St Francis Bay
  • MetroWind/Van Stadens
27 Ronde 1 Port Elizabeth
  • Noblesfontein
72,8 Ronde 1 Noblesfontein
  • Noupoort
80 Ronde 3 Noupoort
  • Tsitsikamma
94,8 Ronde 2 Tsitsikamma
  • Weskus 1
90,8 Ronde 2 Vredenburg

Nog inligting beskikbaar: www.noupoortwind.co.za

Agri Noord Kaap

Share This