+ 27 53 832 9595
Mei 2015

Karstoeltjies is vanaf einde April ‘n moet karstoeltjie

Kyk waar staan daardie kind in die motor hier voor ons! Op die sitplek en sonder ‘n gordel!

Vanaf 1 Mei  2015 moet jou kind in ‘n karstoeltjie vasgemaak word wanneer hy/sy in ‘n voertuig is. Paramedici het hierdie wet verwelkom aangesien hulle gereeld bystand verleen by botsings waar kinders nie in karstoeltjies vasgemaak was nie.

Botsings gebeur in ‘n breukdeel van ‘n sekonde. Wat gebeur met jou kind indien jy skielik moet rem of in ‘n botsing betrokke is? Hy of sy sal soos ‘n projektiel vorentoe skiet indien hulle nie vasgegordel is of in ‘n karstoeltjie sit nie.

Kom ons raak ‘n bietjie tegnies. ‘n Voertuig wat teen 60 km per uur ry, beweeg teen 16.7 meter per sekonde. Dit sal so ‘n voertuig ses sekondes neem om op ‘n rugbyveld, van doelpaal tot doelpaal (100 meter), te ry. As ‘n motor dus teen 60 km/u teen ʼn stilstaande voorwerp bots, sal dit wat nie vasgemaak is nie, aanhou om teen ongeveer 16.7 meter per sekonde te beweeg.

Kom ons vereenvoudig ‘n baie ingewikkelde som effens. As ‘n kind bv. 10 kg weeg dan beweeg die kind vorentoe teen die formule: massa maal spoed per sekonde. Dus 10 kg maal 16.7 meter per sekonde is gelyk aan 167 kg momentumkrag. Dus, ‘n veiligheidsgordel moet die 167 kg momentumkrag kan hou om ‘n kind van 10 kg vas te kan hou!

Die moeder, byvoorbeeld, wat sommer gou haar kind op haar skoot wil laat sit, gordel haarself vas en sal die kind – so dink sy – tydens ‘n ongeluk mooi vashou. ‘n Kind wat dus 10 kg weeg mevrou, sal met 167 kg momentumkrag vorentoe beweeg. Dus moet die ma tydens ‘n botsing 167 kg momentumkrag met haar hande kan vashou.

In teenstelling met ‘n volwassene is ’n kind van vier jaar of jonger se kop swaarder in verhouding tot sy liggaamsmassa. Sy nekspiere is ook nie baie sterk nie. In ernstige botsings kom beserings aan die nek en kop gewoonlik ook meer by kleintjies voor.

Om mee af te sluit. Dit beteken dan dat dit die momentumkrag van 167 kg gaan wees waarmee die kind se kop of lyf moontlik die voorruit gaan tref. Klink dit wreed? Dit is!

En tog is daar ouers wat hulle nie daaraan steur nie.

 
missingNuwe diens – hulp met vermiste persone

Volgens statistieke raak daar minstens een persoon elke vyf ure vermis. Daar is ook die miete dat ‘n vermiste persoon eers na 24-uur by die polisie as vermis aangemeld kan word. Indien ‘n geliefde vermis raak, weet min mense wat om te doen. CrisisOnCall bied vanaf 4 Mei 2015 ‘n omvattende diens ten opsigte van vermiste persone aan. Hierdie diens is standaard beskikbaar vir alle betalende lede.

Die diens bevat die volgende voordele:

  • Toegang tot ʼn 24-uur oproepsentrum deur net die CrisisOnCall nasionale noodnommer te skakel en die opsie vir vermiste persone te kies.
  • Opgeleide personeel sal die oproep neem en bepaal wat die beste metode van optrede is.
  • Lede sal bygestaan word in kontak met die polisie en die rapportering daarvan aan media huise. ‘n Vermiste persoon kennisgewing sal ook op bestaande sosiale medias geplaas word.
  • Toegang tot opgeleide ondersoekbeamptes word ook verskaf met gratis hulp van ʼn privaat ondersoekspan vir ses ure, indien nodig.
  • Lede sal telefonies van die vordering op hoogte gehou word.
  • Telefoniese sowel as een-op-een berading sal verskaf word aan die naasbestaandes en die vermiste persoon wanneer hy/sy gekry is.
  • Die dienste is beskikbaar, soos alle ander CrisisOnCall dienste, binne die grense van die Republiek van Suid-Afrika.
  • Die diens is beskikbaar aan die lid, gade en kinders sowel as ouers wat by die familie inwoon, mits hulle ook lid van CrisisOnCall is.

Nóg ‘n voordeel wat gemoedsrus gee. Alles deur slegs een noodnommer te skakel – 0800 911 911 (lede alleenlik).


Julle dienste is uitstekend!

‘n Noodsituasie gebeur so vinning en dan weet jy nie watter kant toe nie. Een geval is erg, maar twee binne drie dae is ‘n riller.

Gelukkig kon ek my beroep op CrisisOnCall. Vrydag 21 Maart 2015 breek my motor en ek staan sleg in ‘n besige pad.

Die verkeer is erg en sommige bestuurders ry onverskillig. Die nooddriehoek agter my motor is verskeie kere omgery en my motor net-net gemis al was my noodligte aan.

My twee kleinseuns van drie en ses was by my in die motor en ons kon nie uitklim nie weens beperkte spasie aan die soom van die pad. Ons was werklik in lewensgevaar.

My oproep na die oproepsentrum is dadelik beantwoord. Die hulp en ondersteuning was uitstekend. Gou was ek gehelp en is my voertuig ingesleep. Ek was kort-kort geskakel en ingelig oor waar die sleepvoertuig was en of ons nog veilig was. Dit was werklik uitstekend. Baie dankie.

Maandag 23 Maart raak my dogter siek en is alleen tuis. Ek het weer die oproepsentrum geskakel. ‘n Ambulans is dadelik uitgestuur en was binne 10 minute by my huis en kon hulle my dogter hospitaal toe neem. Ek is weer kort-kort geskakel met terugvoering. Weereens uitstekend. Dankie vir julle diens – ek kan julle nie genoeg bedank nie.

Ek is bly ek is lid by julle. – Creswell Venter

Padbystand is addisioneel beskikbaar teen R47 per voertuig per maand. Stuur gerus ‘n e-pos met die onderwerp “Padbystand” indien meer inligting oor die diens verlang word na marketing@crisisoncall.co.za.


Reismonitering bly die gewildste diens

Met die Paasnaweek agter die rug, waarin 287 mense in 208 padongelukke gesterf het, het verskeie lede weereens van die gemoedsrus wat reismonitering bied, gebruik gemaak. Hierdie diens is beskikbaar aan alle lede en kan geaktiveer word deur net die noodnommer te skakel, die reismoniteringsopsie te kies, en dan die nodige inligting aan die agent by die oproepsentrum te verskaf.

Talle dankie e-posse is ontvang. Karen Pretorius skryf die volgende:

“Ons het gereis van Pretoria na Tzaneen op Vrydag 3 April en Maandag weer terug na Pretoria. Wat gewoonlik ‘n vier uur rit is, het ons amper sewe ure geneem. Ons geduld is regtig beproef deur optrede van mede-padgebruikers. Dankie vir ons reismoniteerders, veral met Maandag se terugtog, Rita en 1x met Martin gepraat. As die frustrasie opvlam het hulle net gesê wees geduldig en ry versigtig. Dit het ‘n mens net laat besef dat deur jou eie optrede jy onveilige situasies kan vermy. Dit is gerusstellend om te weet dat daar iemand is wat weet waar jy is indien daar iets sou gebeur.”

Loraine Walters skryf die volgende:

“Ek wil net dankie sê vir uitstekende diens. Ons het op 2 April 2015 ongeveer 13:00 in die pad geval Hopetown toe. Verskeie persone het ons met ons reis vergesel dmv die selfoon.

Rita het saam met ons gery Hopetown toe en weer terug op 6 April.

Wat ‘n heerlike ondervinding. Dit was so gerusstellend, en later het dit vir my gevoel soos familie, die omgee en die gereelde skakel het ons pad soveel ligter gemaak. Ek onderneem om almal van hierdie fantastiese “telefoonvriende” te vertel. Kan nie dink dat enige iemand op die pad kan gaan sonder CrisisOnCall nie. Nogmaals baie dankie.”


Debietorder se aftrekdatums

Met die inwerkingstelling van die nuwe administrasiestelsel kan debietorders nou op vier datums gehef word, naamlik:

  • 1ste van die maand
  • 7de van die maand
  • 15de van die maand
  • 26ste van die maand

Subsidieer jou premie!

Daar is al hoe meer lede wat hul lidmaatskap gratis ontvang as gevolg van die subsidiestelsel wat in plek is. Indien lede meer inligting hieroor verlang, stuur gerus ʼn e-pos aan marketing@crisisoncall.co.za met die onderwerp “Subsidie”.


CrisisOnCall lede-inligtingstelsel

Baie dankie aan al ons lede wat reeds hulle inligting opdateer het en ook terugvoer gegee het met hul ervaring van die nuwe inligtingstelsel. Sonder julle terugvoer sal ons nie die beste uit die nuwe sisteem kry nie. 
Net ‘n paar wenke om die gebruik van die stelsel te vergemaklik:

Toegang

Ons beveel aan dat die nuutste weergawe van die volgende webblaaiers, “browsers”, gebruik word wanneer lede aanteken om inligting te bevestig of te verander.

  • Google Chrome
  • Mozilla Firefox

LET WEL! Die gebruik van Internet Explorer word nie aanbeveel nie!
Toegang deur middel van tablette, “tablets”, en selfone is nog in die ontwikkelingsfase en sal dit gekommunikeer word wanneer dié toegangsmetodes gereed is.

Registrasie

Daar kan alleenlik met die hooflid se inligting ingeteken word. Indien probleme ondervind word, kan lede gerus die kantoor skakel by 012 347 1009 of 0861 57 47 47 waar die inligting dan bevestig sal word sodat die lid kan inteken.

Lede- en voertuigopdatering

Wanneer die inligting vir lede en voertuie besigtig word, moet daar deur die lys gerol, “scroll”, word om alle lede/voertuie se inligting te besigtig. Die VOEGBY funksie moet alleenlik gebruik word wanneer ‘n nuwe lid of nuwe voertuig bygevoeg moet word.

Stoor van inligting

Ons versoek dat lede alle nodige veranderinge maak voordat STOOR gedruk word. Veranderinge van finansiële aard word op ‘n waglys geplaas vir vrystelling deur gemagtigde interne personeel. Enige verdere veranderings kan eers geskied na die magtigingsproses voltooi is. Veranderinge gemaak, word binne 48 tot 72 uur met die lid bevestig.

Algemene inligting

Dit is die eerste keer sedert die 12-jaar bestaan van CrisisOnCall dat so ‘n fasiliteit geskep is waar lede self hul inligting kan besigtig en verander soos nodig. Vir ons is hierdie ook ‘n groot leerkurwe wat bemeester en verbeter moet word tot voordeel van al ons lede. U terugvoer is dus van kardinale belang vir toekomstige uitbreiding en verbetering.

 
Share This