+ 27 53 832 9595
Agri Noord Kaap - Kenia se EU-marktoegang in gedrang

Kenia.
Foto: www.commons.wikimedia.org

Kenia se marktoegang tot die EU is in gedrang.

Die Oos-Afrika-gemeenskap (East African Community, of EAC) het verlede week skielik besluit om nie ’n omvattende ekonomiese samewerkingsooreenkoms te onderteken nie.

Dit kom al het die Oos-Afrika-besigheidsraad (EABC) die lidstate aangemoedig om wel die ooreenkoms te onderteken ten einde invoerregte te behou.

Die EAC bestaan uit Burundi, Kenia, Rwanda, Tanzanië en Uganda.

Die ooreenkoms sou aanvanklik in die eerste week van Augustus geskied het, maar toe beveel die EABC aan dat dié datum terugskuif na verlede week, sodat die ondertekening met die Europese Unie se handelskommissaris saamval.

Plaaslike burgerregte-organisasies wat die voorwaardes van die voorgestelde ooreenkoms bestudeer het, meen die werklike rede hoekom die ondertekening vervroeg is, is nie omdat die EAC noodwendig tevrede was met die voorwaardes van die ooreenkoms maak nie, maar eerder sodat Kenia nie sy tarief- en kwotavrye toegang tot die EU verloor nie.

Bron: AllAfrica

Agri Noord Kaap

Share This