Weet jy hoeveel grootvee-eenhede (GVE) word vir perde bereken? Dié vraag op Boere Gesels se Facebook-blad het vir heerlike bydraes gesorg.
Mnr. Gerrit du Toit, boer van Hanover, het dié vraag op Boere Gesels se Facebook-blad gevra: Hoeveel GVE is ʼn perd?
Hier is kommentaar in die gesprek wat gevolg het:
Sakkie Larney skryf: Hel alleen weet, Gerrit, maar hy is 0,746kW!
Gerrit du Toit: Nee man dit weet ek, maar wat is sy voerverbruik per kw?
Sakkie Larney: Nee gits, dis ‘n bees van ‘n ander kleur daai!
Anthony Smith: Weet hy is swaarder op veld as ‘n bees.
Gerrit du Toit: Groot probleem is die perd se manier van vreet. Hy trek plante uit.
Anthony Smith: En is baie meer selektief.
Michiel Scholtz: My Meissner-tabelle lê by die werk en ek weet nie eers of hy perde in het nie. Linde du Toit dink ek, het Zebra’s in, en ek kyk gou.
Michiel Scholtz: Gerrit du Toit, volgens jou naamgenoot weeg ‘n Zebra gemiddeld 266 kg, is dit 0,66 GVE en vreet dit 2,2% van liggaamsgewig. Hy klassifiseer die Zebra as ‘n “low selective grazer” saam met die buffel en seekoei.
Anthony Smith: ‘n Perd vreet so 3% van sy liggaamsgewig en kan enigiets van so 350 tot 600 +kg weeg, afhangende van ras.
Jan van der Walt: Ja hy’s ʼn masjien, kan nie herkou, vreet die hele tyd – drollemasjien!
Neels Scheepers: Michiel Scholtz, Ek is self nie meer seker nie maar ek dink dit is 1,1 tot 1,2GVE vir perde. Die vreetgewoontes van perde/donkies is ook baie meer nadelig op die veld.
Willie Steyn: Uit ondervinding kan ek sê dat een Boerperd dieselfde hoeveelheid tef kan vreet as ʼn trop van 16 Meatmaster-ooie wat dragtig is. Dalk help dit. Ek het twee kampe gehad en as ek ʼn 1.2m-baal tef vir elkeen gegee het, was hulle dieselfde tyd klaar.
CW le Roux: Soos ek verstaan vreet ‘n perd tussen 60 en 65% van die tyd. ‘n Bees bietjie minder. Sowat helfte van tyd…
Hannes Visagie: My oorle vriend in die Karoo het altyd gesê ‘n effen perd, donkie en sebra ef jou veld op, want hy het effen alkant tanne en dan effen skop hy nog die effen bossies uit wat hy nie kan bykom.