Senwes gaan 800 000 ton mielies per jaar, vir twee jaar, aan Astral lewer.
Die pluimveeprodusent, Astral, wat ook die grootste enkele aankoper van mielies in die land is, het pas ’n kontrak met Senwes aangegaan vir die voorsiening van 800 000 ton mielies per jaar.
Dit is die grootste enkele mielie-kontrak in Suider-Afrika. Volgens mnr. Francois Strydom, groep- uitvoerende hoof van Senwes, behels dit die verskaffing van mielies oor ’n twee jaar-tydperk aan Meadow Voere, Astral se voerafdeling.
Mnr. Chris Schutte, uitvoerende hoof van Astral, het gesê hy is verheug om nou vir die eerste keer ’n plaaslike verskaffer te hê en is vol vertroue dat Senwes die mielies sal kan verskaf om 37 miljoen kuikens per dag te voed.