+ 27 53 832 9595
 
Februarie 2015

Dit gebeur net met my buurman
Die afgelope tyd praat mense al hoe meer van die toestand in en van die land. Almal is bekommerd. Dit is politieke en ekonomiese druk, beurtkrag, ens. Dan kom die vertroosting, “dit sal nie met my gebeur nie”. Die realiteit is dat elke persoon dink dit gaan net met sy buurman gebeur, maar ons is ook iemand se buurman!
ʼn Wyse man (sielkundige) vertel op die radio hoe elke persoon ʼn krisis anders ervaar. Sy voorbeeld is die volgende: ʼn Persoon se huis brand af en hy sê “Dan bou ek maar weer een”. Dieselfde man se papegaai gaan dood en hy is in ʼn onhanteerbare toestand!
Wat kan ek doen omtrent die “klappe” van die lewe? Die beste aksie is om voorsorg te tref vir die onvoorsiene. Is dit nie waarom baie mense aan ʼn mediese fonds behoort, korttermynversekering uitneem, diefwering voor hul huis se vensters plaas, alarmstelsels installeer ensovoorts, nie?
Dit is ook hier waar mens mooi moet dink oor die lewe. Net soos jy jou eiendom wil beskerm, moet daar ook sekere daadwerklike aksie geneem word om jou eie en jou gesin se lewe te beskerm. ʼn Lewe is tog baie meer werd as materiële items.

Dit is waarom elke lid en sy gesin altyd die CrisisOnCall-identifikasiebandjie om die arm moet dra. Dit kan dalk net jou of jou gesin se lewe red!


Veiligheid in winkelsentrums
As daar nou een plek is waar ons almal die een of ander tyd moet ingaan, is dit ʼn winkelsentrum. Verlede Donderdag se roof by die Bedford-Sentrum in die ooste van Johannesburg was seker een van die gevaarlikste ooit in Suid-Afrika. Die ironie is dat gewone rooftogte in sentrums nie eers meer die media haal nie. Wat belangrik is, is dat rowers spesifieke winkels in ʼn sentrum teiken en nie die sentrum in geheel nie.
Wat kan jy as besoeker aan ʼn sentrum doen wanneer so ʼn rooftog plaasvind? Die volgende wenke kan as riglyne dien:

  • Bly altyd kalm.
  • Beweeg weg van die insident en soek onmiddellik skuiling. Onthou om jou kinders saam te neem na die skuiling.
  • Indien jy naby ʼn ingang is en die aksie is nie by die ingang nie, verlaat die sentrum flink.
  • Indien jy nie naby ʼn ingang is nie, skuil in ʼn winkel of onder trappe. (Vermy die badkamers.)
  • Moet nooit ʼn HELD probeer wees nie.
  • Probeer wegkom van plekke waar die dak op jou kan instort as gevolg van die geweervuur of glas wat jou kan beseer indien dit breek.
  • Wees altyd bedag op wat om jou aangaan.
  • Indien dit veilig is, skakel vir hulp. Gee soveel moontlike inligting deur soos, hoeveel aanvallers, wat hulle aan het (bv. blou oorpakke), in watter area van die gebou hulle is, hoeveel mense saam met jou skuil en waar.
  • Bespreek die moontlikheid van so ʼn rooftog met jou kinders en werk saam ʼn veilige plan van aksie uit.
  • Onthou, jou en jou gesin se VEILIGHEID kom altyd eerste.

Kry altyd berading vir die hele gesin indien hulle naby ʼn insident was wat hul getraumatiseer het.


Wanneer die onvoorsiene gebeur
Kom ons verduidelik hoe CrisisOnCall ʼn verskil gemaak het toe die noodlot skielik op die Britz-gesin toegeslaan het.
Ons oproepsentrum ontvang op 15 Januarie 2015 ʼn oproep van ʼn ernstige botsing buite Ermelo tussen twee voertuie. Een pasiënt sit vas in die motorwrak. Die persoon in die botsing is lid van CrisisOnCall en onmiddellik neem een van die spanleiers by die oproepsentrum (Ernie McCarthy) die leiding. Die volgende aksies word onder andere geneem:

  1. Die privaat ambulansdiens (diensverskaffer vir CrisisOnCall) word onmiddellik uitgestuur en belangrike mediese inligting word aan paramedici gekommunikeer. ʼn Mediese helikopter word op bystand geplaas sou die pasiënt na ʼn hospitaal in die stad afgevoer moet word.
  2. Die brandweer van Ermelo word gestuur om die pasiënt uit die wrak te gaan bevry.
  3. Die polisie word uitgestuur om verkeerbeheer te gaan toepas.
  4. Intussen bly een van die mediese personeel op die lyn met die persoon op die botsingstoneel en gee raad en advies terwyl paramedici op pad is.
  5. Die Mediclinic in Ermelo word gekontak en ingelig van die kritiese pasiënt wat onderweg is en mediese inligting word deurgegee. Die hospitaal word op hoogte gehou van die vordering met die pasiënt.
  6. Naasbestaandes wat in Ellisras woon (inligting soos beskikbaar op die CrisisOnCall-databasis), word ingelig. Hulle vertrek onmiddellik na Ermelo (500 km van Ellisras).
  7. Die naasbestaandes se reis word gemonitor onder die reismoniteringsdiens en hulle word op hoogte gehou van die pasiënt se vordering en toestand. (Hulle weet dus die hele tyd hoe alles vorder en wat die toestand van hul geliefde is)
  8. Traumaberading word na die tyd met die betrokkenes gedoen.

Hierdie agt aksies is ʼn bewys van hoe CrisisOnCall kan help wanneer die onvoorsiene gebeur. Daar is nie nog ʼn noodsentrum wat die dienste so omvattend kan lewer nie. Jy kan dus trots wees om lid van so ʼn dinamiese maatskappy te wees!


Voertuig breek oppad na hospitaal
Tannie Bokkie Prinsloo vertel van puik diens wat sy en haar man van CrisisOnCall op 14 Januarie 2015 ontvang het.
Sy was op pad hospitaal toe met haar man vir ʼn ernstige prosedure. Hy is al reeds baie oud en kan nie loop nie. Hy moet agtuur in teater wees! Hulle voertuig het oppad na die hospitaal, in spitsverkeer, onklaar geraak. Wat nou gemaak?
“Ek het baie benoud CrisisOnCall gebel”. CrisisOnCall se oproepsentrum het onmiddellik ‘n ambulans gestuur wat haar man veilig en betyds by die hospitaal besorg het. Sy het saam met hom gegaan. Intussen het CrisisOnCall haar skoondogter ingelig van die probleem. Haar voertuig is ook deur CrisisOnCall ingesleep (sy het padbystand op die voertuig) en haar skoondogter is op hoogte gehou. Na die operasie kon haar skoondogter haar gaan oplaai en huis toe neem.

“Die stres oor die operasie was nooit vererger deur die onklaar raak van die voertuig nie. Julle diens was ongelooflik en ons sal dit nooit vergeet nie. Wat sou ek gedoen het as dit nie vir CrisisOnCall was nie.”


Subsidieer jou premie só
Die lewenskoste raak al hoe hoër. Deur van die lojaliteitsbonus gebruik te maak, kan elke lid sy premie goedkoper maak of selfs die dienste gratis kry. Hoe gemaak?
Mense vertel baie keer vir hul vriende, kollegas en familie van CrisisOnCall. Met die lojaliteitsbonusstelsel kan ʼn lid nou 20% van die nuwe lid se premie as subsidie ontvang. Dit beteken dat lidmaatskap selfs gratis kan wees indien so min as vyf mense sou aansluit en hul maandpremie suksesvol verhaal word.
Dit is egter belangrik dat die nuwe lid die lid wat hom vertel het se naam en lidnommer by aansluiting deurgee. Lede kan nie eers op ‘n later stadium ʼn subsidie eis nie. Dit moet dus by aansluiting vermeld word.

CrisisOnCall wil graag verseker dat elkeen in ons land die diens kan gebruik deur hul premies te laat subsidieer. Vir meer inligting stuur asb. ʼn e-pos met die woord ”Lojaliteit” na marketing@crisisoncall.co.za waarna meer inligting verskaf sal word.

Inligting op die CrisisOnCall-stelsel

Het jou mediese fonds, medikasie of voertuig verander? Maak seker dat CrisisOnCall ten opsigte van alle veranderings aan jou en jou gesin se portefeulje ingelig word. Die onus rus op die lid om inligting opgedateer te hou en seker te maak dat dit wel deur CrisisOnCall se administratiewe kantoor ontvang is. Gebruik asb. die e-pos adres members@crisisoncall.co.za om wysigings aan te bring. 

Share This