+ 27 53 832 9595
Agri Noord Kaap - Drakensbergerkoei behaal SA-rekordprys

`n Afslaer
Foto: Netwerk24

‘n Drakensbergerkoei is op die nasionale veiling in die Afridome op Parys teen ‘n SA rekordprys van R53 000 verkoop.

Hoewel die hoogste prys op die nasionale Drakensberger-veiling R57 000 vir ‘n bul (op foto) was, is die koei teen die rekordprysvan R53 000 verkoop. Sy is deur die Neuman Broers van Vrede aan die boerdery Drakensberg Investments van Roodepoort verkoop.

Die Neuman Broers het ook ‘n bulkalf teen die allemintige bedrag van R35 000 aan mnr. G.P. Bezuidenhout van Brandfort verkoop.

Die duurste bul is deur mnr. Freddie Wasserfall van De Wetsdorp aan mnr. P.J. Taljaardt van Ermelo verkoop. Bulle het gemiddeld R37 740 stuk behaal, terwyl die aanbod van 22 vroulike diere teen gemiddeld R15 250 stuk uitverkoop is.

CMW het die veiling aangebied en die afslaer was mnr. Deon Klopper. Foto: Gavin Isted

Agri Noord Kaap - Drakensbergerkoei behaal SA-rekordprys

Agri Noord Kaap

Share This