Agri NK - Henk van WykDit is met groot hartseer en skok dat ons bekend maak dat die president van Agri Noord Kaap, Mnr Henk van Wyk Saterdag-middag (18 Augustus 2018) omstreeks 14h00 oorlede is aan ‘n hartaanval.

Sy vrou Ronel sê dat hy na middag ete ‘n rukkie op die rusbank gaan lê het en is daar in sy slaap oorlede. Agri NK - Henk van WykDie gesin is nie beskikbaar vir komentaar voor Jana, die tweede dogter, ook by hul kan aansluit nie; sy is oppad terug SA toe van die VSA af.

Henk se gasvryheid, humor en staaltjies het altyd die omgewing om hom opgehelder. Hy het dit sy werk gemaak om soveel moontlik landbouverenigings te besoek en met die boere van die Noord-Kaap self te praat. Sy betrokkenheid by Agri NK asook Agri SA, waar hy as direkteur gedien het laat ‘n groot leemte.

Geen verdere reelings aangaande sy begrafnis is nog bekend nie.

Share This