ʼn Unieke akademie – wat studente voorberei vir leierskap in sake van die omgewing – is by Upington gestig en gaan van krag tot krag.
Net enkele instellings in Suid-Afrika is toegewy aan die onderrig van die jeug in dié vaardighede wat hulle sal help om die omgewing te koester, asook om die weg te baan vir ander om te volg.
Só ʼn instelling is die Akademie vir Omgewingsleierskap (Academy for Environmental Leadership – AEL) by Upington. Die akademie staan onder leiding van mnr. Gys Botha en adv. Fef le Roux, met akademiese leiding onder die befaamde omgewingspesialis Dave Pepler.
Die akademie het pas sy eerste kwartaal agter die rug, waar sewe studente dié akademie hul tuiste vir die jaar gemaak het. Hulle kry akademiese en praktiese ervaring in die omgewingsektor.
Uitstappie na Namibië
Die studente het hul opleiding in die tweede kwartaal begin met ‘n uitstappie na Namibië, soos deur Ariamsvlei, Lüderitz, die wilde perde van die Namibwoestyn en die Visrivier Canyon.
“Enigiemand nie geraak deur die skoonheid van Namibië het nie ‘n hart of siel nie. Elke organisme daar lei tot nuwe ervarings”, sê Pepler.
“Die akademie is ‘n verstommende nuwe skool waar jong mense hulself in ‘n steeds veranderende omgewing kan begeef. Dit is ‘n plek waar studente kan uitvind hoe die wêreld lyk waarin hulle leef, wat in daardie wêreld kwesbaar is en hoe hulle as leiers in hierdie omgewing kan optree,” sê Pepler.
* Lees meer oor die akademie by: http://www.afel.co.za/