Gratis Webinaar: My veld het afgebrand – wat nou?

Gratis Webinaar: My veld het afgebrand – wat nou?

Die verwoestende veldbrande in Augustus en September in die Noord-Kaap het honderdduisende hektaar weiveld vernietig en boere met talle vrae oor die pad vorentoe gelaat.

Landbouweekblad bied op Donderdag 7 Oktober om 14:00 ’n gratis webinaar aan waarin verskeie kenners raad gee aan boere wat skade gely het.

Die gesprek word gelei deur Neil de Klerk, uitvoerende hoof van bemarking en kommunikasie by GWK, en webinaargangers sal ook die geleentheid kry om vrae te stel.

Frans du Plessis, GWK Agri se besturende direkteur, sal gesels oor die beskikbaarheid van produkte en voorraad tydens ’n ramptoestand. Jy kan ook meer uitvind oor GWK se Net ’n Druppel-veldtog en hoe die maatskappy boere ná die brande ondersteun.

Jahn Hohne, uitvoerende hoof van Ekapa Mining, sal uitwei oor die lesse wat dié myngroep uit vorige rampsituasies geleer het en hul bydrae tot die gemeenskap en omgewing.

Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, gesels saam oor die georganiseerde landbou se rol gedurende en ná brande, terwyl Paul van den Berg, FNB se streekhoof in die Vrystaat en Noord-Kaap, toeligting gee oor finansiële beplanning en hoe boere te werk kan gaan as hulle hul vee verkoop en die geld belê totdat weiding herstel het voordat hulle dan weer vee koop.

Brandversekering kom ook aan die beurt en boere kan kers opsteek by Emil Pretorius, bestuurder: Santam Segment Solutions AGRI.

Urbanus Badenhorst, dierevoedingskundige by Agri Development Solutions en Lubern Voere, vertel meer oor oorbruggingsprobleme wat boere in die gesig staar ten opsigte van verskillende voedingscenario’s, kostedoeltreffendheid en die verskuiwing van diere na ander huur- of hulpweiveld. Hy bespreek die koste, praktyk en beperkinge.

Jy kan ook uitsien na Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, se bydrae oor reënvalvooruitsigte en risiko’s vir die somerseisoen.

Laaste, maar nie die minste nie, kan jy luister na Linja Allen van die Orion Boerebrandfonds, Kimberley, se inspirerende verhaal van hoe sy en ander belanghebbendes tegnologie ingespan het om geld in te samel om broodnodige brandbestryding ten tye van die brande moontlik te maak. Sy gaan ook kyk na die rol van gemeenskapsbetrokkenheid om brande te bestry en hulp te verleen.

Just One Drop – Relief for Veld Fires

Just One Drop – Relief for Veld Fires

Besoek gerus die nuut gestigde Niewinsgewende Organisasie, “Agri Northern Cape Foundation” deur HIER te kliek, waar jy maklik ‘n skenking kan maak vir die boere van die Noord-Kaap deur ons nuwe Payfast fasiliteit te gebruik.

Dit is onder andere ten bate van die “Just One Drop – Relief for Veld Fires” projek.

Agri SA Droogtehulp 2021

Agri SA Droogtehulp 2021

Sommige gebiede in Suid-Afrika is op hulle knieë as gevolg van die verwoestende, voortslepende droogte.

Hierdie gebiede is hoofsaaklik in die Noord-Kaap, Wes-Kaap en die Oos-Kaap.

Agri SA se droogtehulppogings speel ‘n belangrike rol om boere en plaaswerkers in hierdie moeilike tyd by te staan.

Vandag doen Agri SA ‘n spesiale beroep op die private sektor om by te dra tot Agri SA se Droogtehulpfonds om weer boere in droogtegeteisterde gebiede te ondersteun.

Jacobs se dood ‘n groot verlies vir landbougemeenskap Deur Charne Kemp via Netwerk24.com

Jacobs se dood ‘n groot verlies vir landbougemeenskap Deur Charne Kemp via Netwerk24.com

Die skielike dood van mnr. Danie Jacobs (55), ‘n uitvoerende bestuurslid van Agri Noord-Kaap, voorsitter van Agri Namakwaland en voorsitter van die komitee van omgewingsake, is vir sy gesin en die georganiseerde landbou ‘n groot verlies.

Jacobs is op 23 Junie in sy bakkie in die veld op sy plaas buite Springbok gevind. Hy is vermoedlik aan ‘n hartaanval dood.

Mnr. Pieter Jacobs, sy oudste seun, sê hy was die gesin se rolmodel. “Ek wens my geloof was so sterk soos syne. Hy was ‘n regverdige en liefdevolle pa vir my en my broers, Gerhard en Fourie, en ‘n eggenoot vir my ma, Riana. Hulle sou op 29 Junie vanjaar 25 jaar getroud gewees het.

Sentraal SA staan saam, bankvas agter ons boere

Bewusmaking van Internationale Droogte Dag

Bewusmaking van Internationale Droogte Dag

The World Day to Combat Desertification and Drought is a United Nations observance celebrated each year on 17 June. Its purpose is to raise awareness around desertification and drought, highlighting methods on how to prevent these from occurring.
Red ‘n Plaas Caritas Gemeenskapsfokus NPC

Red ‘n Plaas Caritas Gemeenskapsfokus NPC

Die Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland het in Oktober 2019 ’n ad hoc taakspan gemeenskapsversorging in samewerking met Caritas gemeenskapsfokus NPC (hierna Caritas), as gevolg van die droogte wat groot dele van die Noord-Kaap teister, daargestel. Die projek se naam is “Red ‘n Plaas

Die ad hoc taakspan gemeenskapsversorging fokus veral op twee aspekte:

1. Die emosionele en pastorale versorging van boere en hulle gesinne in die droogtegeteisterde gebied. Hierin speel Caritas met die daarstelling van ’n 24-uur noodnommer en ondersteuning deur hulle beradingsentrum ’n groot rol.

2. Die finansiële ondersteuning van boerderygemeenskappe vir die verlening van humanitêre hulp in die droogtegeteisterde gebied. Vir die doel het die Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland ’n bankrekening beskikbaar gestel en is ’n Werkswyse Rampdroogte Projek opgestel en goedgekeur.

Klik op die prente onder vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan wees asook ‘n donasie te maak!
Red 'n Plaas
Red 'n Plaas
Red 'n Plaas

Vir breedvoerige inligting oor die droogtehulp projek, o.a. rol van vennote, werkswyse rampdroogte projek, bankrekening, verspreiding van fondse, opsomming van hulp verleen, ouditeure, finansiële state en mediablootstelling kan u HIER klik vir die projek se inligtingsblad.