+ 27 53 832 9595
Agri SA – Mediaverklaring: BRICS should be part of planning following Brexit polity.org.za - Issued by Agri SA

Agri SA – Mediaverklaring: BRICS should be part of planning following Brexit polity.org.za - Issued by Agri SA

Agri Noord Kaap - Agri SA: BRICS should be part of planning following Brexit“South Africa having joined the BRIC-grouping (Brazil, Russia, India and China) was widely criticized at the time and has thus far not delivered the expected trade benefits especially in terms of value added products” says Johannes Möller, president of Agri SA. According to Möller, South Africa as the latest addition to this grouping is viewed as a catalyst and a gateway for development in Africa but we would obviously want our own trade dispensation to improve in addition to economic benefits that may arise by further involvement on the continent. “Besides having had to make a substantial contribution to the BRICS Development Bank, we would obviously want the bank to be able to leverage funds from international sources and supporting services in relation to the application of these funds to be of a high standard.”

According to Möller the withdrawal of the United Kingdom (UK) from the European Union (EU) will apparently in terms of the EU-treaty only become effective after a minimum period of two years, implying that the immediate impact on the local agricultural sector will be minimal in the short term, barring a possible appreciation of the Rand against the Pound. The recently concluded EU/SADC Economic Partnership Agreement (EPA) will thus also remain in place for at least a similar period, allowing time to negotiate a new trade dispensation with the UK. Over one third of our wine exports to the EU gets consumed in the UK and more than 20% of many of our fruit exports, emphasizing the need to put a suitable replacement in place. “From an agricultural perspective we will have to be vigilant in the immediate future to at least secure the best possible dispensation for agricultural products in the UK market”, Möller said.

Möller also said that the withdrawal of the UK from the EU opened up a number of uncertainties that will require a rethink on various fronts. It is well known fact that the UK is still one of the financial power houses of the world and a major supplier and exporter of services. Linking up to the BRICS countries in a formalized way, even by joining the current grouping, can be mutually beneficial to all parties whilst specifically enhancing the aims of the BRICS-vision with respect to economic growth through trade, supporting the Development Bank and indirectly development on the African continent. “I trust that our government, in collaboration with other member countries, will explore options in this regard”, Möller added.

Agri Noord Kaap

Agri SA reageer op jongste uitlatings van Minister Nkwinti oor grondplafonne Mediaverklaring - 24 Mei 2016

Agri SA reageer op jongste uitlatings van Minister Nkwinti oor grondplafonne Mediaverklaring - 24 Mei 2016

Agri Noord Kaap - media verklaringAgri SA reageer op jongste uitlatings van Minister Nkwinti oor grondplafonne

Minister Nkwinti het op 26 April tydens sy begrotingsrede gesê dat die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit, in terme waarvan die hoeveelheid grond wat enige individu of entiteit mag besit, beperk sal word, gedurende Junie in die Parlement ter tafel gelê sal word.  Meer onlangs, op 21 Mei is berig dat die Minister tydens ‘n grond-oorhandiging seremonie in die Kruger wildtuin gesê het dat perke van tussen 1000 hektaar en 12 000 hektaar toepassing sal vind en dat die regering die grond wat meer is as die vasgestelde plafon, sal koop en herverdeel.

Die wetsontwerp sal ook die besit van grond deur buitelanders verbied.  Die Minister het reeds verlede jaar aangekondig dat hy voortgaan met sodanige wetgewing.  Tot op datum is die wetgewing nog nie gepubliseer vir kommentaar of ingedien by die Parlement nie, het Johannes Moller, president van Agri SA in Upington gesê.  “Daar is al sedert 2011 met die bekendstelling van die Groenskrif op Grondhervorming sprake van sogenaamde grondplafonne.  Agri SA het van meet af aan, sterk standpunt hierteen ingeneem en deurgaans goed-gemotiveerde ekonomiese-, voedselsekerheids- en grondwetlike argumente teen grondplafonne op die tafel geplaas.  Daar is ‘n werkgroep gestig deur die Minister waaraan Agri SA ook deelgeneem het en onafhanklike kundiges is getaak om hierdie werkgroep te adviseer.  Die meerderheid van hierdie kundiges het ook teen die instel van grondplafonne gewaarsku,” het Moller bygevoeg.

“Internasionale ervaring met grondplafonne dui onder andere daarop dat dit allerlei negatiewe gevolge gehad het, soos die fragmentasie van landbougrond, negatiewe impakte op produktiwiteit, swak winsgewendheid van landbou-ondernemings, min tot geen positiewe impak op armoede-verligting, hoë administrasiekoste en ‘n negatiewe impak op investering in die sektor.  Ons kan verseker nie bekostig om te eksperimenteer met iets wat internasionaal so klaaglik misluk het nie, ons dobbel met ons voedselsekerheid”, het Moller verder gesê.

“Agri SA wag die publikasie van die wetsontwerp af en sal dit onmiddellik deur senior regslui laat nagaan, het Moller gesê.

Uitgereik deur Agri SA, Direktoraat:  Korporatiewe Skakeling

Navrae

Mnr Johannes Möller, President Agri SA, 082 647 8481

Me Annelize Crosby, Adviseur Regs- en Grondsake, Parlementêre Skakeling, Agri SA, 082 388 0017

 

Agri SA reageer op jongste uitlatings van Minister Nkwinti oor grondplafonne Mediaverklaring - 24 Mei 2016

AGRI SA REAGEER OP GEKOSE KOMITEE SE GOEDKEURING VAN DIE ONTEIENINGWETSONTWERP Mediaverklaring - 13 Mei 2016

media verklaring

AGRI SA REAGEER OP GEKOSE KOMITEE SE GOEDKEURING VAN DIE ONTEIENINGWETSONTWERP

Die Gekose Komitee op Ekonomiese en Besigheidsontwikkeling het op 10 Mei die Onteieningwetsontwerp goedgekeur. Die komitee het slegs twee veranderings aangebring – beide veranderings is van ‘n semantiese aard. Die definisie van “onteiening” wat Agri SA hard probeer het om geskrap of verander te kry, is steeds in die wetsontwerp. Die definisie beperk vergoeding vir die ontneming van eiendom tot gevalle waar die staat die eiendom verkry het. Volgens Ernest Pringle, voorsitter van Agri SA se Landbou-ontwikkelingskomitee, stel die Grondwet geen sodanige beperking nie.

“Die provinsiale verhore oor die wetsontwerp is op kort kennisgewing gehou en daar was min geleentheid vir openbare deelname en insette. Ten spyte van die feit dat Agri SA se provinsiale verteenwoordigers in al die provinsies beswaar gemaak het teen die definisie van onteiening, is hierdie besware nie ingesluit by die provinsiale verslae oor die verhore wat voor die Gekose Komitee gedien het nie,” sê Pringle.

Agri SA het verskeie regsmenings verkry oor die vertolking van die Konstitusionele hof se uitspraak in die saak  van Agri SA vs die Minister van Minerale en Energie, naamlik dat die ontneming van ‘ou orde’ minerale regte deur die staat as voog van die minerale, nie onteiening tot gevolg het nie en dat vergoeding dus nie betaalbaar is nie. Volgens Pringle, is senior regslui se jongste mening oor die uitspraak en die kwessie van voogdyskap op 4 Mei ontvang. Die regslui is gevra, onder andere, om ‘n mening te gee oor die risiko dat produktiewe grond  ontneem kan word sonder vergoeding onder die skyn van voogdyskap ingevolge die bepalings van die konsep-Raamwerkwetsontwerp op die Beskerming en Ontwikkeling van Landbougrond (PDALFA). Hul advies was dat die idee van staatsvoogdyskap gelees moet word in die konteks van die doelstellings van die spesifieke wetsontwerp. Terwyl die Wet op Minerale en Petroleumhulpbronontwikkeling (MPRDA) poog om weg te doen met privaat besit van minerale, is dit nie die bedoeling van die PDALFA om privaat besit van landbougrond te skrap nie. PDALFA is gegrond op die veronderstelling dat privaat besit van landbougrond sal voortduur en beoog nie die afskaffing daarvan of die ontneming van landbougrond van private grondeienaars sonder vergoeding nie.   Daar bestaan internasionaal presedente vir voogdyskap van minerale – dieselfde geld vir grond. Daar is goeie argumente uit te maak dat grond en roerende eiendom sterk verskans is, nie net in die Suid-Afrikaanse Grondwet nie maar oor internasionaal in grondwette wat handveste van fundamentele regte insluit.

Die Hof het ook in die Agri SA-saak bevind dat daar geen onteiening kan wees in omstandighede waar ontneming nie tot gevolg gehad het dat die staat sodanige eiendom verkry het nie. Dit is slegs waar die staat vir homself eiendom verkry dat dit as onteiening beskou sal word. Die definisie in die Onteieningwetsontwerp blyk in lyn hiermee te wees. Dis is kommerwekkend. Die wetsontwerp as sodanig bevat egter geen nuwe bevoegdhede vir onteiening nie. Enige poging om landbougrond te onteien sonder vergoeding sal via die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye moet geskied, of in die geval van grond in die algemeen via die Minister van Landelike Ontwikkeling en grondhervorming. Agri SA sal beslis enige sodanige poging in die hof teenstaan. Agri SA sal ook die implementering van die Onteieningwetsontwerp, wanneer dit eers in die wetboeke opgeneem is, fyn dophou.

Uitgereik deur Agri SA, Direktoraat:  Korporatiewe Skakeling


Navrae

Mnr. Ernest Pringle, Voorsitter van Agri SA se Landbou-ontwikkelingsbeleidskomitee, 072 297 7840

Me Annelize Crosby, Adviseur Regs- en Grondsake, Parlementêre Skakeling, Agri SA, 082 388 0017