“Ons sê kry die finansiering reg. Boere is sakemanne. Gee hulle die aansporing en hulle sal dit doen,” sê Johannes Möller, president van Agri SA by Donderdag se Agri SA Kongres 2015, oor grondhervorming en die omvattende landelike ontwikkelingsplan.
Ernest Pringle, voorsitter van Agri SA se beleidskomitee oor landelike ontwikkeling, het die gevoel van talle boere opgesom: Hulle wil hul kant bring, maar daar word te veel rond en bont gepraat.
Die grondhervormingsproses moet ook op grondvlak gedryf word en nie van bo na onder nie; dit moet vrywillig wees.
Daar is boonop hopeloos te veel beleidsonsekerheid.
Lees die volle artikel deur om hier te klik.