Oudergewoonte, was die 2014 Agri SA-kongres ‘n groot sukses. Rolspelers uit alle hoeke van die agri-sektor het die geleentheid bygewoon en stimulerende gesprekke is gevoer oor die toekoms van landbou in Suid-Afrika.
Die grootste nuusbrokkie wat natuurlik van hierdie kongres afkomstig is, is die deurbraak oor grond wat op dié kongres bereik is. Die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het kongresgangers verras deur sy voorbereide toespraak opsy te skuif en Agri SA se plan oor grondhervorming met entoesiasme te aanvaar.
Die Minister meen dat die verskil tussen Agri SA se nuutste grondhervormingsplanne en vorige voorleggings is dat hierdie plan ‘n sterk maatskaplike element het. Verder, het die kongres ook met ‘n stemming ‘n mandaat gegee dat voortgegaan kan word met onder andere volhoubare grondhervorming onder gesonde vryemark sake-beginsels onder die grondwet.
Lees ‘n volledige artikel oor dié gebeure hier.