Agri Noord Kaap - Meer as 19 000 plase in SA op markAlle belanghebbendes in die landbousektor moet saamwerk om die vlak van misdaad wat landelike gemeenskappe ervaar teen te werk, veral in die feesseisoen’n Groep belanghebbendes het in Pretoria byeengekom om idees uit te ruil oor hoe om landelike veiligheid te verbeter.

Op hierdie vergadering is die Agri Sector Unity Forum (Asuf) versoek om ’n inklusiewe subkomitee op die been te bring om misdaadbestryding tussen boeregemeenskappe, diensverskaffers en ander belanghebbendes te koördineer. Daarom het Asuf onlangs in Centurion vergader om die veiligheid van alle boere, plaaswerkers en landelike gemeenskappe te bespreek.

Japie Grobler, voorsitter van Asuf, het ’n beroep gedoen op alle boere en plaaswerkers om met die polisie en hul bure saam te werk om ’n einde te bring aan misdaad en ’n veilige omgewing vir almal te verseker. Grobler het ook ’n beroep gedoen op die publiek om geldelike skenkings aan die Agri Securitas-trustfonds te doen om dié fonds te steun in sy pogings om boerderygemeenskappe te beveilig.

 Agri Noord Kaap

Share This