+ 27 53 832 9595

Oral waar jy vandag in die Karoo rondry, sien jy silo’s verrys waar vroeër jare niks was nie. En die naam wat trots op die meeste silo’s pryk, is GSI – die grootste vervaardiger van graanbergingstoerusing in die wêreld. Ry jy by Biggi Brands, vervaardiger en verspreider van springmielies, net buite Hopetown in die Noord-Kaap, aan om vir jou springmielies te koop, sal jy ook ’n groot aanleg sien met GSI se embleem op. GSI en Biggi Brands se paaie het twee jaar gelede gekruis toe Biggi besef het dat opbergruimte ’n leemte in hulle proses was.

“Ons wou ons struktuur verander om ons bergingsruimte uit te brei en om die vervoer van opgebergte springmielies na die verwerkingsfabriek te bespoedig en te vergemaklik,” sê Koos de Wet, voorsitter van Biggi Brands se direksie.

Hulle het hulle siloruimte van 2 400 ton na 7 200 ton verhoog. “Ons het twee buise van GSI bygesit wat elkeen 2 400 ton kan berg. Verder het ons ’n vervoerstelsel inkorporeer om die springmielies regstreeks vanuit die silo’s in die verwerkingsaanleg te kry,” sê Koos.

Biggi het al voorheen springmielies in silosakke geberg, maar die buise is beter en hulle geriewe is nou ook so ontwerp dat hulle in die toekoms verder kan uitbrei. Wat hulle nog in die toekoms kan byvoeg, is ’n voorafskoonmaker vir die springmielies wat ontvang word.

Agri Noord Kaap

Share This