+ 27 53 832 9595

Die projek Boks-vir-‘n-Boervrou, wat vroeër van stapel gestuur is om hulp aan vroue op plase in droogtegeteisterde dele van die land te verleen, het ‘n boervrou van Mpumalanga geïnspireer om haar eie projek te begin.

Elria Steinberg, ‘n boervrou van hul plaas  tussen Hendrina en Carolina in Mpumalanga, se projek Boks-voer-vir-‘n-Boer, fokus op die boer self. Steinberg was vir baie lank verantwoordelik vir die administrasie van hul boerdery, maar het ‘n jaar gelede dié taak aan haar skoonseun oorgegee. Dit is toé dat sy besluit het om haar inisiatief ‘n werklikheid te maak.  Sy het op ‘n aanlynwinkel besluit,  waar geld aan boere in die Noord-Kaap waar die droogte steeds sy tol eis, geskenk kan word. Dit is in die formaat van verskillende veevoerpakkette waarvan daar gekies kan word.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat.

Steinberg sê die projek Boks-vir-‘n-Boervrou het in haar begin groei, en sy wou ‘n verskil maak.  Sy het die moontlikhede ondersoek hoe sy die fokus na die boer self kan verskuif.  Sy het aan haarself afgevra wat pak ‘n mens vir ‘n skaapboer in ‘n boks? Veral die boere wat in die droogtetoestande swaartrek ten opsigte van hul veekuddes, omdat hulle  vir die afgelope vyf jaar nie reën gehad het nie.

Skakel na Boks-voer-vir-‘n-Boer webtuiste – https://boks-voer-vir-n-boer.myshopify.com/

 

Share This