+ 27 53 832 9595

Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder mielies is 30,95% meer is as wat die vorige seisoen aangeplant is en die voorlopige oppervlak onder witmielies is ook 53,46% meer as die vorige seisoen.

AGRI NK - MieliesDie voorlopige oppervlakteskatting van somergewasse is hoofsaaklik gegrond op die resultate van ’n nie-ewekansige opname onderneem deur die Direktoraat vir Statistiek en Ekonomiese Analise van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en weerspieël die situasie soos gedurende die 3 de week van Januarie 2017.

Die hersiene aangeplante oppervlakte en produksiesyfers sal deur die Oesskattingskomitee op 28 Februarie 2017 vrygestel word en sal hoofsaaklik gegrond wees op inligting verkry vanaf die “PICES”-opname vir die Noord-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Noordwes-provinsies.

Kommersiële mielies:

Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder mielies beloop 2,549 miljoen ha, wat 30,95% of 602 450 ha meer is as die 1,947 miljoen ha wat verlede seisoen aangeplant is, en ook 3,50% of 86 200 ha meer as die voornemens om te plant syfer van 2,463 miljoen ha soos vrygestel in Oktober 2016.

Agri Northern Cape

Share This