+ 27 53 832 9595

Dit is vanjaar die dertiende jaar wat die kompetisie van Jongboer van die Jaar deur Toyota SA geborg word. Die nasionale wenner sal op 19 Oktober 2017 in Centurion aangewys word.

Die provinsiale wenners kwalifiseer almal as finaliste vir die nasionale kompetisie.

Die volgende jongboere is pas aangewys in die verskillende streke:

Agri Noord-Kaap: Jaco Strauss

Die wenner van Agri Noord-Kaap se Jongboer-kompetisie is Jaco Strauss van die plaas Lekkerkry in die Vaalhartsdistrik. Hy is getroud met Elna en die egpaar het drie kinders. Die boerdery bestaan hoofsaaklik uit graanverbouing meet mielies as hoofvertakking gevolg deur katoen. Pekanneut verbouing vorm ook ‘n belangrike vertakking in die boerdery van meer as 700 ha onder besproeiing.Jaco Strauss - Agri NC

Volgens Jaco speel jongboere ‘n belangrike rol in Suid-Afrika en rus daar ‘n groot taak op hulle skouers om opkomende boere te bemagtig terwyl ekonomiese uitdagings oorkom moet word in ‘n swak ekonomiese omgewing.

Sy boerderybedrywighede strek oor ‘n wye gebied en daarom is goeie beplanning in die daaglikse bestuur daarvan belangrik. Jaco is ‘n goeie bestuurder, gedissiplineerd en baie innoverend. Hy is voortdurend opsoek na maniere om meer effektief te boer, sy opbrengs te verhoog maar ook kostes te spaar. Hy is aktief betrokke by gemeenskapsprojekte en ploeg terug in die gemeenskap om te verseker dat daar toekomsverwagtinge vir die nageslag is.

Hy is voorsitter van plaaslike boerevereniging en lid van Graan SA asook die Vaarhartsdistrik Landbou-unie. Hy is ook voorsitter van die privaatskool waarin hy ‘n reuse-aandeel gehad het in die oprigting daarvan. Jaco sê dat sy betrokkenheid by die skool vir hom belangrik was om te verseker dat sy kinders asook die van die gemeenskap goeie onderrig ontvang.

Agri Limpopo: Pieter Nel

Pieter Nel van die plaas De Wagendrift in die Groblersdal-distrik is as Agri Limpopo se Jongboer van die Jaar gekroon. Hy is getroud met Bernadene en die egpaar het drie kinders. Pieter boer saam met sy pa en twee broers waar hulle sitrusvrugte, saadmielies, katoen, soja- en droëbone verbou.

Hy streef daarna om sy boerdery uit te brei en meer sitrus onder nette en sy saaiboerdery te vergroot deur grond aan te koop. In al die vertakkings word presisieboerderymetodes toegepas. Die rol volgens Pieter vir jongboere in die ekonomie is om voedselsekerheid te handhaaf, werk te skep en om die voorpunt van tegnologie te bly.

Agri Noord Kaap

Share This