
Jansen het aan OFM se Martin van der Merwe op die Big Breakfast-program gesê dit is verblydende nuus, sienende daar al vir ‘n geruime tyd gepoog word om die rampverklaring ‘n werklikheid in die Noord-Kaap te maak. Jansen sê dit gaan daartoe lei dat die landboubedryf nou aanspraak op regeringshulp kan maak.