+ 27 53 832 9595
Zim-verbod op invoer is ‘rooi vlag’

Foto: Verskaf

Zimbabwe se verbod op die invoer van sekere voedsel- en ander produkte uit SA is “ ʼn rooi vlag” vir kleinhandelaars en mense in die betrokke waardekettings.

Die Suid-Afrikaanse Regering wend pogings aan om ’n oplossing vir die handelsbeperkings te kry wat Zimbabwe ingestel het op sekere verwerkte kosprodukte en ander goedere.

Dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, voer samesprekings met die Zimbabwiese regering en ook via die strukture van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) om ’n geskikte oplossing te vind met die inagneming van die uitdagings wat Zimbabwe met sy nywerheidsontwikkeling en sy betalingsbalans ondervind.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoof van ekonomiese en landbou-inligting by die landbousakekamer Agbiz, sê op die oomblik word onverwerkte produkte soos mielies steeds deur Zimbabwe ingevoer. Sowat 1 200 ton wit mielies en sowat 572 ton koring is hierdie week daarheen uitgevoer.

Sihlobo sê die verbod op die invoer van die produkte is onwenslik want jy wil ’n vryemark hê waar die vraag en aanbod deur die vloei van die goedere bepaal word. “ ’n Rooi vlag wapper vir kleinhandelaars , die logistieke bedryf en mense in daardie waardeketting.

“Dit plaas hulle in ’n posisie waar hulle nie langtermyn beplanning kan doen nie.”

Hy sê die handelsversperrings is ook sleg vir die Zimbabwiese verbruiker deurdat die paar goedere wat beskikbaar in die land is, se prys sal styg.

Hy sê dis moeilik om nou al te bepaal wat die impak van die handelsversperrings op besighede is.

Agri Northern Cape

Share This