Landbouweekblad soek wenke wat vir ander boere van nut kan wees in hul werkswinkels. Lees die meegaande vrae en beantwoord dit, of stuur jou wenke aan Albertus van Wyk by avanwyk@landbou.com.
* Watter handelsmerke verkies jy as jy gereedskap koop? Is dit verskillend vir verskillende soorte gereedskap, soos sleutels vs. tange?
* Het jy dalk een of twee truuks (kortpaaie) wat julle deur die jare opgetel het om ’n spesifieke taak makliker te maak? Of dalk om iets in die veld te doen as jy nie ‘n volle werkswinkel by jou het nie, soos om ’n laer te vervang?
* Hoe organiseer jy jou werkswinkel? Het jy beginsels wat dit betref?
* As iemand van nuuts af ’n werkswinkel begin, watse raad sal jy vir hom gee?
* Hoe hou jy jou werkwinkel skoon?
Die prys vir die wenke is ʼn eksemplaar van die handleiding: Meganisasiegids 2016, deur die landbou-ingenieur Koos le Roux. Elkeen wat ʼn wenk instuur, of jou wenk/e in die kommentaarblokkie hieronder invul, sal in aanmerking kom vir dié groot prys. Lees meer oor die Meganisasiegids hier.