+ 27 53 832 9595
Agri Noordkaap

Prosopis juliflora.
Foto: Wikipedia

Gesoek: ʼn Noord-Kaapse boer wat probleme met prosopis ervaar, vir ʼn unieke navorsingsprojek.

ʼn Maatskappy beoog ʼn unieke navorsingsprojek om prosopis te bestry deur die toedien van korrelgif met die gebruik van ʼn hommeltuig (drone).

Die maatskappy wil dié proef in Junie op ‘n uitgestrekte plaas in die Noord-Kaap doen. Die proeflopie sal die boer niks kos nie, maar gaan interessant wees omdat ʼn hommeltuig die werk gaan doen.

As jy in die Noord-Kaap boer en belangstel, stuur asb. jou naam en van, jou distrik en kontaknommers, aan dr. Gerhard Coetzee by gerhard@haevic.co.za

* Laat nuus: Landbou.com is oorval met navrae van boere wat deel van die projek wil wees. Dr. Gerhard Coetzee van Haevic, die onderneming wat die navorsing wil doen, het laat weet dat hulle weens dié ongewone belangstelling selfs ‘n Facebook-blad daarvoor geskep het: https://www.facebook.com/gifhommeltuig

Kontak dr. Coetzee by: gerhard@haevic.co.za

read more

Share This