Op die elfde produksieveiling van die Bonsmara-stoetery Poggenpoel Molopo is ses bulle vir R100 000 tot R110 000 verkoop. Drie bulle het R90 000 stuk behaal.
Die duurste bul, nr. BBM 13 66 (op foto), op die produksieveiling op Stella is teen R160 000 aan mnr. Schalk van der Merwe (Leeuwheuvel-boerdery) van Christiana verkoop. Altesame 47 bulle is teen gemiddeld R54 765 stuk verkoop. Die veiling is deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg aangebied en mnr. Johan van der Nest was die afslaer.