+ 27 53 832 9595
Agri Noord Kaap

Mnr. Omri van Zyl
Foto: Albertus van Wyk

Die World Farmers’ Organisation is ingelig oor die voorkoms van plaasaanvalle en plaasmoorde in Suid-Afrika.

Altesaam 8 065 plaasaanvalle en 924 plaasmoorde het die afgelope 15 jaar in Suid-Afrika plaasgevind, het mnr. Omri van Zyl voor ‘n internasionale landbou-gehoor gesê.

Van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, het die situasie waarin Suid-Afrikaanse boere hulle bevind met betrekking tot plaasaanvalle en moorde bevind, voor ʼn internasionale boeregemeenskap, insluitende afgevaardigdes van die Verenigde Nasies en die Voedsel- en Landbou-organisasie, geskets. Van Zyl se voorlegging was by die World Farmers’ Organisation se algemene vergadering in Zambië.

 Onaanvaarbare statistiek
Oor die afgelope 15 jaar is meer as 8 065 plaasaanvalle en meer as 924 plaasmoorde in Suid-Afrika aangeteken, het hy gesê. “Dit is duidelik ‘n onaanvaarbare statistiek in enige deel van die wêreld.

“Ons kan nie toelaat dat lede van boerderygemeenskappe vermoor en deur vrees oorheers word nie: Hierdie situasie het uiterste afmetings in Suid-Afrika bereik. Die meeste van die provinsies in Suid-Afrika word deur hierdie gruweldade geraak. Menseregte en die reg op lewe en vryheid wat in die Suid-Afrikaanse Grondwet verskans is, is noodsaaklik vir die toekoms van ons land. Dit is duidelik dat ons nog ‘n lang pad om te gaan om te voldoen aan hierdie edele beginsel.”

Van Zyl het gesê die vlakke van geweld en kriminaliteit bly onaanvaarbaar hoog. Van groot kommer vir Agri SA is die wrede aard van plaasmoorde. Boere word ook blootgestel aan huisrooftogte, ernstige aanranding, opsetlike saakbeskadiging, diefstal van gewasse en die veediefstal. Ongeveer 55 000 stuks vee en 85 000 skape word jaarliks in Suid-Afrika gesteel. Dis duidelik ‘n endemiese probleem vir beide boere en landelike gemeenskappe,” het hy gesê.

read more

Share This