+ 27 53 832 9595

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het pas die vierde verslag vir die jaar oor die land se Bek-en-klouseerstatus aan die internasionale organisasie vir dieregesondheid, die OIE, oorhandig.

Die departement moes versekerings verskaf dat die situasie onder beheer is. Toetse is in die Ndumo Natuurreservaat uitgevoer en dit is bevestig dat daar nie ‘n virus in die omloop is nie. Tembe Olifantpark is ook gemonitor en as vry van Bek-enklouseer bevestig. Dr Maja is in ‘n gesprek met verteenwoordigers van Mosambiek en sy is daarvan verseker dat daar nie Bek-en-klouseer in dié land is nie.

Daar was ‘n onlangse uitbreking by die Kruger Nasional Park se heining, maar inentings in die gebied dra by tot die beheer van Bek-en-klouseer. Die departement sal Suid-Afrika se Bek-en-klouseervrye sone status graag teen die einde van November met die OIE wil bevestig, soos deur die riglyne bepaal. Bek- en klouseer-uitbreking in Malawi
Die departement is nie baie bekommerd oor dié uitbreking nie, omdat Malawi nie ‘n onmiddellike buurland is nie en Suid-Afrika ook geen produkte van dié land invoer nie.

 Bek- en klouseer-uitbreking in Zimbabwe
Die departement is bekommerd oor die uitbreking in Zimbabwe, omdat dit Suid-Afrika se status in gedrang kan bring as die siekte in ‘n suid-westelike rigting beweeg. Ná ‘n vergadering met verteenwoordigers van Botswana en
Zimbabwe het die Departement die Limpopo provinsie in kennis gestel dat inenting in die beheerde gebied gedoen moet word. Die Departement wag nog om te hoor of daar genoeg entstowwe vir dié doel is.

 Smokkel van swartwitpense van Zambiëe
Die departement het nie jurisdiksie buite die land se grense nie, maar die weermag en veterinêre dienste monitor die situasie, terwyl die land se intelligensiedienste die saak ondersoek.

Share This