+ 27 53 832 9595
Agri Noord Kaap - Namibië eerste met beesvleis na VSA

Namibië.
Foto: www.commons.wikimedia.org

Namibië is die eerste land in Afrika om beesvleis na Amerika uit te kan voer.

Namibië het aangekondig dat dié land goedgekeur is om voortaan beesvleis na Amerika uit te kan voer, ’n eerste vir ’n Afrika-land.

Mnr. Sakkie Coetzee van die Namibiese Landbou-unie het aan die Republikein gesê hy is dankbaar vir die nuwe markte na China en Amerika wat oop is, maar dat dit nog baie lank gaan neem om administratiewe prosedures uit te stryk en protokol af te handel voordat die Amerikaners Namibiese beesvleis op hulle kole kan gooi.

Namibië is deur die Amerikaanse voedselveiligheid en inspeksiediens goedgekeur om rou, beenlose beesvleisprodukte van gesertifiseerde instansies na Amerika uit te voer.

Na raming sal die Namibiërs ongeveer 860 000 kg in die eerste jaar van na Amerika kan uitvoer en kan die volume binne vyf jaar tot soveel as 5,7 miljoen kilogram styg.

Agri Northern Cape

Share This