Upingtonners en die omgewing gaan op 2 September 2016 die kans kry om na die uiters bekwame Kaapstadse Filharmoniese Jeug orkes te luister. Hulle is 60 lede (tussen die ouderdom van 13 en 15 jaar).
Dié Jeug orkes het mnr Johannes Möller, President van Agri SA gekontak en hom meegedeel dat hulle wil bydra tot die Droogtehulpfonds. Die Kaapstadse Filharmoniese Jeug orkes tree op 1 September by die Gariepfees in Kimberley op en gaan die volgende dag, 2 September na Upington reis om hier ‘n konsert te kom hou. Die konsert is vir groot en klein en so kry Upingtonners wat nog nooit ‘n Filharmoniese Jeugkonsert bygewoon het nie, nou die kans om dit te beleef.
Die inkomste van die konsert word aan Agri SA se Droogtehulpfonds geskenk.
Die konsert word op 2 September om 18:30 by Hoërskool Upington se saal gehou. Wat hierdie geleenheid so besonders maak, is dat baie mense nou ingespring het om te help om van die aand ‘n reuse sukses te maak en so gaan baie mense op die manier bydra tot die droogtehulpfonds.
Die gemeenskap se bydrae om hierdie funksies suksesvol te maak, is fantasties. Baie mense het hul hulp gratis aangebied – van die saal, tafels, dekor, versnaperinge en nog vele ander.
Indien iemand nog ‘n bydrae wil lewer of kaartjies wil koop, kan hulle myself kontak by 073 156 3404 of vir Delene Möller by 084 443 0082.
Die kaartjies is reeds beskikbaar teen R100 per persoon. Die funksie sal in die vorm van ‘n kaas en wyn-aand aangebied word.
Melanie Theron
Kantooradministrateur: Oranjerivier Landbou-Unie
Tel: 054-3376275
Sel: 073 156 3404
E-Pos: orlu@isat.co.za