Die skielike dood van mnr. Danie Jacobs (55), ‘n uitvoerende bestuurslid van Agri Noord-Kaap, voorsitter van Agri Namakwaland en voorsitter van die komitee van omgewingsake, is vir sy gesin en die georganiseerde landbou ‘n groot verlies.

Jacobs is op 23 Junie in sy bakkie in die veld op sy plaas buite Springbok gevind. Hy is vermoedlik aan ‘n hartaanval dood.

Mnr. Pieter Jacobs, sy oudste seun, sê hy was die gesin se rolmodel. “Ek wens my geloof was so sterk soos syne. Hy was ‘n regverdige en liefdevolle pa vir my en my broers, Gerhard en Fourie, en ‘n eggenoot vir my ma, Riana. Hulle sou op 29 Junie vanjaar 25 jaar getroud gewees het.

Agri Northern Cape

Share This