+ 27 53 832 9595
agri noord kaap

GWK se splinternuwe Farm Food-fabriek by Modderrivier langs die N12 is Donderdag (07/04) geopen. Foto: Emile Hendricks

GWK het Donderdag (07/04) sy splinternuwe Farm-Foods-fabriek by Modderrivier langs die N12 amptelik geopen. Die fabriek het sowat R400 miljoen gekos en bykans twee jaar geneem om te voltooi.

Dit funksioneer as ’n koringmeule, sowel as ’n pasta- en koekiefabriek. Volgens Tom Meintjes, bestuurder van graanproduksie, is meer as R60 miljoen bestee om die bestaande silo’s by die aanleg op te knap en uit te brei.

Die aanleg bevat moderne en gesofistikeerde masjinerie wat van Italië en Switserland af ingevoer is.Die gebouekompleks is strategies en sentraal langs die N12 en spoorvragroete tussen Kaapstad en Johannesburg geleë.

read more

Share This