Vir die droogtegeteisterde boere van die Vrystaat is verligting dalk om die draai. Hierdie provinsie moes die afgelope paar maande uitermatige hitte en stofstorms trotseer, maar dit lyk nou asof die weersomstandighede gou sommer baie aangenamer gaan wees.
Reeds vandag al behoort die hittegolftoestande wat die afgelope paar dae geheers het, iets van die verlede te wees. Koel lug uit die suide sal oor die sentrale streek invloei en die gebied begin afkoel.
Tonie Rossouw, van die weerkantoor in Bloemfontein, sê die eerste keer vanjaar lyk die rekenaarmodelle waarop weervoorspellings gegrond word, baie positief. Die invloei van vogtige invloei van die ewenaar af, asook uit die ooste, is nou besig om toe te neem.