+ 27 53 832 9595

Dan Kriek, die nuutverkose voorsitter van AgriSA, neem die leisels oor van ‘n organisasie wat reeds geruime tyd besig is om sy mandaat te heroorweeg. Hy praat met Nico van Burick oor sy voornemens.

Op die onlangse jaarlikse kongres het dit gelyk of daar ‘n groot mate van eensgesindheid oor die nuwe struktuur is. Is dit inderdaad so?

Ek glo dit is so, en moet my voorganger, mnr. Johannes Möller, krediet daarvoor gee. Verandering bring mos maar onsekerheid, en hy het vir ‘n jaar lank baie moeite gedoen om aan almal wat vrae gehad het, antwoorde te gaan verskaf.

Jy moet ook onthou, dit kom al drie jaar. Dit is nie asof ons op een dag met ‘n nuwe plan vorendag gekom het nie. Ons was uiters bedag daarop om inklusief te wees, en almal kon hul eie insette lewer. Daarom is die veranderinge sonder enige teenstem by die kongres aanvaar en dit is verblydedend.

 Agri Noord Kaap

Share This