+ 27 53 832 9595

Terwyl daar baie nuus in die landboubedryf en landswyd is oor die dag Zero wat nader staan vir Kaapstad, kry ander provinsies in Suid-Afrika soos die Oos- en Noord-Kaap ook swaar as gevolg van ‘n watertekort.

Dag Zero in die Wes-Kaap gaan volgens voorspellings in Mei vanjaar plaasvind. Dit sal hoofsaaklik afhang van die aanvraag en die gebruik van water deur alternatiewe bronne soos boorgate.

“Daar moet ook bekommernis wees oor die waterprobleem in die Oos-Kaap en die Noord-Kaap,” se Dawie Maree, hoof van bemarking en inligting by FNB Landbou-afdeling.

Die Oos-Kaap en die Noord-Kaap staar dieselfde waterkrisis as die Wes-Kaap in die gesig. Die Kougadam wat water aan Port Elizabeth en die omliggende landelike gebiede in die Oos-Kaap verskaf, het ‘n damvlak gehad wat op 9,2% gestaan het vir die week geëindig 2 Februarie voor dit onlangs gereën het. Die reën sal dit waarskynlik na 12% toe lig. Die westelike dele van die Noord-Kaap ervaar ook ‘n droogte en die veeboere in hierdie streek is onder geweldige druk.

Agri Noord Kaap

Share This