+ 27 53 832 9595

“Hierdie jaar se interskou tussen jongooiklubs gaan meer suksesvol wees as laasjaar”, sê Diederik Vermeulen, koordineerder en reelingskomitee.

Groot was die verbasing toe daar laasjaar meer as 400 boere, ramtelers, skoliere en besigheidsmense van omliggende dorpe en sover as Bloemfontein, op Vrede toegesak het. Die skoudag word voorafgegaan met ‘n weidingsbestuurkursus deur dr. Lorraine van den Berg die Woensdag en ‘n beoordelaarskursus die Donderdag, wat deur Eddie Prinsloo van Merino SA aangebied sal word.  Gawie van Wyk, Noordkaap NWKV produksie adviseur gaan assisteer met die beoordelaarskursus en is hy ook die taak opgelê om as beoordelaar by die skou op te tree.

 Agri Noord Kaap

Share This