+ 27 53 832 9595

Die herfs-kommandowurm is amptelik in SA volgens ‘n verslag deur die LNR. Hulle het monsters in Limpopo en Gauteng gekry en kon daarvolgens bevestig dat dit wel die herfs-kommandowurm is.

AGRI NK - KommandowurmDie minister van Landbou, Senzani Zokwana, het op ‘n nuuskonferensie in Pretoria gesê die omvang van die probleem is nog nie bekend nie. Hy het ‘n beroep op boere gedoen om die voorkoms van die wurms aan te meld. Die Departement is ook saam met die LNR en ander instansies soos Graan SA besig om ‘n opname oor die voorkoms te doen.

Johannes Möller, president van Agri SA, is bly dat die Departement van Landbou reeds opgetree het en met rolspelers van verskeie bedrywe gesels het om ‘n plan van aksie te beraam. ‘n Tussentydse beheerprogram is reeds op Vrydag 27 Januarie 2017 bekendgestel. Volg dié skakel na die beheerprogram: Guide for the use of agricultural chemicals to control infestations suspected to be Fall Army Worm

Agri SA het ook boere versoek om nie chemikalieë te gebruik sonder om hulle gifagent te raadpleeg nie. Die Departement van Landbou het ‘n dringende registrasieproses begin vir landbouchemikalieë wat teen die pes gebruik kan word. Gewone teenwurmmiddels behoort doeltreffend te wees.

Agri Northern Cape

Share This