+ 27 53 832 9595
Agri Noord Kaap - Adami koop elandbul vir R7 miljoen

Legend, die Livingstone-elandbul wat vir R7 miljoen verkoop is.
Foto verskaf

Die wildboer mnr. Norman Adami het ‘n elandbul vir R7 miljoen gekoop. Hy is ‘n voormalige voorsitter van SABMiller.

Legend, ’n Livingstone-elandbul, is vir R7 miljoen verkoop op ’n wildveiling van Wildlife Legacy wat by Bela-Bela gehou is.

Die bul is deur Burkeawild aan mnr. Norman Adami van Beestekraal verkoop. Die openingsbod was ’n fris R2 miljoen en die handvol kopers wat graag vir Legend wou besit, het mekaar daarna flink opgejaag totdat die bod deur die afslaer, mnr. Brandon Leer, op Adami toegeslaan is. Die bul is die seun van die bekende bul Dawid wat ook aan Burkeawild behoort.

Dit was tydens die eerste veiling wat die afslaersmaatskappy Windswinkel in hul nuwe veilingkompleks op Zwartkloof Private Game Reserve van mnr. Jan Morgan gehou is.

Die omset van die veiling was R47,168 miljoen.

* Adami het in 2014, ná ’n hoogs suksesvolle loopbaan in die bierbedryf plaaslik en oorsee, as voorsitter van SABMiller afgetree  en is sedert die vroeë 1990’s ook ’n teler van skaars wild.

Adami is ook ‘n aandeelhouer in die superbuffel, Horsion. Hy en mnre. Piet du Toit en Ben Botha van Rustenburg het Horison in 2012 vir R26 miljoen by mnr. Jacques Malan van Pretoria gekoop. Nog ‘n kwart-aandeel in Horison is in Februarie 2016 vir R44 miljoen aan mnr. Peter Bellingam van Naboomspruit  verkoop op die Piet du Toit Wildbedryf se veiling by Rustenburg.

Agri Northern Cape

Share This