Trekkerverkope daal met 11% Landbou.com - Deur Jan Bezuidenhout

Trekkerverkope daal met 11% Landbou.com - Deur Jan Bezuidenhout

trekker 20160510

Die nasleep van die droogte is duidelik in die verkope van nuwe trekkers : Dis 11% minder as in April verlede jaar.

Trekkerverkope van 400 eenhede in April, is 11% minder as die 450 eenhede wat verlede April verkoop is, sê mnr. Wynn Dedwith, voorsitter van die SA Landboumasjinerie-assosiasie.

“Vir die 12 maande tot April is trekkerverkope ongeveer 13% laer as verkope vir die vorige ooreenstemmende 12 maande. Stroperverkope van 21 eenhede in April is aansienlik minder as die 29 eenhede wat verlede April verkoop is. Vir die 12 maande tot April, is stroperverkope ongeveer 33% laer as verkope vir die vorige ooreenstemmende 12 maande.”

Volgens Dedwith sal die verkope van landboumasjinerie waarskynlik nog traag wees in die volgende maande. Boere vra op die oomblik verskeie vrae, soos: “Wat gaan die opbrengs wees van die gewas wat nou op die land staan?”; “Wat gaan met die wisselkoers gebeur?”; “Wat is die waarskynlike weervooruitsigte vir volgende seisoen” en “Hoe gaan insetkoste en finansieringsvooruitsigte vir die volgende gewas lyk?”. Voordat hulle besluite neem oor aankope, moet sommige of al dié vrae beantwoord word.

Volgens huidige ramings sal verkope vir 2016 tussen van 15% tot 20% laer wees as verkope verlede jaar, sê Dedwith.

read more